Living Leaves Lettuce is slaai wat steeds hul wortels bevat en sodoende vir ’n langer tydperk vars bly. Dit word hidroponies gekweek en dan geoes met die wortels wat ongeskonde bly. Die slaai is met ander woorde steeds lewendig en groeiend wanneer dit aangekoop en in jou yskas bewaar word. Die resultaat: meer blywende, geuriger slaai as gewone slaaikoppe. Al wat jy moet doen is om die slaai in ’n koue plek (jou yskas) te stoor sodat vars blare propvol vitamiene op jou bord kan beland!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Wat beteken “hidroponies gekweek”?
Slaai wat hidroponies gekweek word, word bedek en in lang kanaaltipe strukture verbou. Die wortels groei in lopende water, in pleks van grond. Hierdie water bevat ’n optimale bron van natuurlike voedingstowwe wat noodsaaklik is vir gesonde plantegroei. Hidroponiese kweking vereis in werklikheid minder water as die tradisionele kweekmetode, aangesien die water herwin word. ’n Enkele hektaar van hidroponiese slaai lewer dieselfde as 20 hektaar plante wat tradisioneel gekweek is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?
Genoeg vir 6. Bestanddele 15 ml (1 e) olyfolie 100 g repiesspek, in…
Ons het by Julie van Deventer van Stilbaai se Busy Lizzie tuinbouklub gaan kers opsteek.
Suid-Afrika se geliefde sake- en kuierprogram, ontbytSAKE, het op 7 April ’n kwarteeu op die…
Almal wat Afrikaans praat, ken ’n storie oor waar hulle en die taal vandaan kom,…
Nadia Beukes, wat bekend vir haar veelsydige loopbaan as aktrise, stemkunstenaar en televisie-aanbieder is, het…
Hierdie webwerf gebruik koekies.