Lewe jy saam met ’n beheervraat? deur Anys Rossouw. Hooffoto: iStock/nuvolanevicata
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Almal ken ’n beheervraat. Hulle weet beter, vertrou nie ander se oordeel of pogings nie en voel genoodsaak om tot in die fynste detail beheer te neem, raad te gee, te kontroleer wat ander doen, of selfs heeltemal oor te neem. Die ironie is dat dit dikwels met die beste bedoelings gedoen word.
Nie dat al die goeie bedoelings dit enigsins makliker maak om saam met ’n beheervraat te lewe, of te werk nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Stefan vertel hoe moeilik sy vrou kan wees: “Annelie is ’n gedrewe, pynlik netjiese maar móéilike mens. Sy het bepaalde idees vir alles wat by haar werk gedoen moet word, maar helaas, ook tuis: hoe die handdoeke moet hang, die klere gevou moet word, hoe die skottelgoedwasser gepak moet word, ’n geskenk toegedraai moet word, noem maar op … Niemand doen dit so goed en reg soos sy nie. Mense is onbetroubaar en laks. Sy voel sy werk reeds so hard en dan moet sy boonop gedurig ander se brouwerk vir hulle gaan oordoen.
“Gaan ons met vakansie, is daar altyd iets met die blyplek verkeerd. Die eerste dag was, skrop en ontsmet ons eers voor sy daar kan bly. Dit word gedoen sodat ‘ons almal’ in ’n lekker skoon plek vakansie kan hou. Die waarheid is dat nie een van ons ’n probleem sou hê met die toestand waarin die plek was nie. Ons bly maar liewer stil, anders hoor ons niemand wil help nie. En sien ons werklik kans om in so ’n vieslike, vuil plek te bly?
“Niemand kan by haar standaarde kom nie. Sy verwag soveel van my en die kinders. Sy het ysere dissipline, werk verskriklik hard, oefen hard, eet reg, lyk mooi en is steeds heeltyd bekommerd oor wat ander gaan dink, en of iets goed genoeg is. Dit maak ’n mens moeg. Die kinders moet presteer, oefen en aanmekaar leer. Niks wat ek of die kinders doen, is ooit goed genoeg, of perfek reg nie. Sy kan altyd ietsie uitwys wat ons beter sou kon doen. Sy het raad vir en kommentaar op alles. Haar manier van doen is die enigste een wat reg is.”
Beheervrate verander nie sommer nie. In hul koppe is hulle reg en ander verkeerd. Hulle sien selde in dat hul gedrag ’n probleem is, of dat hulle manipulerend en beherend optree. Volgens hulle is hulle bloot verantwoordelik en georganiseerd. Hulle gee om, hou van dinge wat reg verloop, beplan en georden is. Of hulle “probeer net help” wanneer hulle oorneem en ongevraagde raad gee.
Die eintlike probleem is dikwels nie die oordrewe beheer nie, maar die persoon se onderliggende angstigheid, onsekerheid en gevoel van onveiligheid. Beheer word die oplossing daarvoor. Wanneer ek beplan en presies kan bepaal wat wanneer en hoe gaan gebeur, voel ek veiliger en verminder dit my onsekerheid en angstigheid.
Die wortels daarvan lê dikwels in mense se kinderdae: Kinders van angstige ouers, of wat blootgestel is aan situasies waaroor hulle geen beheer gehad het nie. Dit kon fisieke of verbale geweld, misbruik, moeilike, chaotiese, of net konstante, volslae onvoorspelbaarheid wees. Sulke mense gebruik dikwels beheer as kompensasie vir daardie onvoorspelbaarheid waarmee hulle moet saamleef. Omdat hulle as kinders altyd op die spreekwoordelike eiers moes loop, het hulle geleer om altyd waaksaam, versigtig en op hul hoede te wees, bedag op enige moontlike gevaar: “Verandering en gevaar kan enige oomblik onverwags opduik, daarom moet ek altyd gereed wees, alles moontlik doen om dit te voorkom.”
Mense wat as kinders finansieel swaargekry het, se beheer gaan dikwels oor geld. Eintlik gaan dit oor hul eie angstigheid omdat hulle nooit weer aan daardie onsekerheid of swaarkry blootgestel wil word nie. Erge soeke na beheer kan ook die gevolg van ’n persoonlikheidsversteuring, angsversteuring of obsessief kompulsiewe gedragsversteuring wees. In so ’n geval sal hy by die hulp van ’n sielkundige of psigiater baat vind.
Mense wat buite beheer voel, word dikwels beheervrate. Hulle kan onbewustelik vrees dat dinge kan uitmekaarval. Of omdat hulle nooit beheer gehad het nie, het hulle ’n onstuitbare, gedrewe behoefte om op die boonste sport van die leer te staan waar hulle ander kan beheer, of dit nou tuis of by die werk is. Dis dikwels ’n masker vir hul eie onsekerhede, ’n gebrek aan selfwaarde en ’n ongemaklikheid met hulself en hul lewe.
Beheervrate is dikwels perfeksioniste wat dinge tot in die fynste detail beplan en mikrobestuur. Hulle glo niemand kan enigiets so goed soos hulle doen nie, en laai daarom dikwels te veel take op hul skouers. Op die ou end verwyt hulle die mense om hulle daarvoor. Dié moet dan hoor hoe oorwerk hulle is, hoe hulle niemand kan vertrou om dinge reg en klaar te kry nie …
Wanneer jy iets op jou manier doen, of jou eie besluite neem, sien ’n beheervraat dit as onnadenkend, selfs selfsugtig en verkeerd. Hul manier van doen is al wat reg is.
Hulle is ook selfkrities en hou glad nie van verandering nie. Onder stres raak dit net erger, want dan raak hul onderliggende angstigheid net erger. Hulle reageer daarop met nog meer beheer en word al hoe meer rigied, geïrriteerd en gefrustreerd.
Beheervrate het dikwels ook ’n ingesteldheid van meerderwaardigheid. Hul werk is beter, hulle is meer georganiseerd, beplan beter, is netjieser en skoner as ander … Dit help hulle om in beheer te voel, maar stel geweldige eise aan hulself sover dit hul eie voorkoms en die voorkoms van hul gesin of huis aangaan.
Vir nog raad met moeilike verhoudings, loer hier
Die bogenoemde is die optredes, speletjies, of verskillende gesigte van beheervrate: Hulle beheer dikwels mense met meer as een van die volgende optredes.
Die Stilstuiper: Dae van stilstuipe en om jou te ignoreer is jou straf as jy hulle durf teëgaan. Hulle stap weg sonder om jou te antwoord, groet nie, of ignoreer jou e-posse, selfoonboodskappe of oproepe. Dis ’n aaklige en disrespekvolle vorm van ontmensliking en emosionele manipulasie, want dit laat die ontvanger onseker, waardeloos, gefrustreerd en magteloos voel.
Die Aanklaer: Eindelose vrae dwing jou om elke beweging te verduidelik. Jy voel of jy die hele tyd onder verdenking is, ondervra word en jou posisie of optrede moet regverdig. Jou keuses word bevraagteken, afgemaak of verkleineer. Dit hou jou op die verdediging tot jy ingee: “Oukei, jammer! Jy is reg. Doen wat jy wil.”
Die Meester-manipuleerder: Hulle doen dit dikwels op ’n passief-aggressiewe manier: Hulle weet altyd beter as jyself wat jy nodig het, en hulle laat jou skuldig of onredelik voel as jy nie saamspeel nie.
Die Isoleerder: Hulle laat jou nie ’n oomblik alleen met ander nie. Jy hoor hoe jy die middelpunt van hul lewe is. En hulle verwag dieselfde van jou. Hulle plaas ’n buitengewoon sterk fokus op jou en laat jou glo dat hulle jou die beste van almal om jou verstaan en die meeste liefhet. Jy mag nie alleen met ander mense, of dit nou mans of vroue is, uitgaan nie. Hulle vind fout met jou vriende en jou familie … Skenk jy aan enigiemand anders aandag, gee jy te min aandag aan hulle, of jy word daarvan beskuldig dat jy nie omgee nie. Kort voor lank is jy van jou vriende en familie geïsoleer.
Die Martelaars: Dié persoonlikheidstipe is altyd oorweldig en vasgevang in die ongelukkigheid, swaarkry, treurmares en tragedies van die lewe, in so ’n mate dat die ander uit skone jammerte maar doen wat die arme gemarteldes wil hê. Hulle is hulpelose slagoffers wat ander met skuldgevoelens manipuleer. Mense wat nie wil help nie, is harteloos en sonder begrip of empatie.
Die jaloerse Gedagtelesers: Hulle glo hulle weet wat jy dink en voel. Hulle sê gemaklik: Jy dink mos … jy voel … Hulle wantrou jou motiewe en glo onwrikbaar hul eie afleidings oor wat jy dink en voel sonder om dit met jou te bevestig. Hul eie angstigheid, onsekerheid en vrese hardloop met hulle weg. Hulle gaan haal die bobbejaan agter die bult en dink en verbeel hulself allerhande ontrou, of ander moontlike probleme van jou kant af, en kort voor lank word jy beskuldig van die dinge wat húlle eintlik vrees. Hulle regverdig hul optrede deur jou te oortuig dat dit alles net uit liefde is.
Die flankerende Komplimenteerder: Hy draai jou om sy pinkie met sy aandag, komplimente en gunsies, of selfs geskenke. Dit laat jou so spesiaal voel maar die oomblik wanneer hulle nie hul sin kry nie, onttrek hulle die aandag. Uit vrees vir verwerping en die moontlikheid om die persoon te verloor, doen mense dan gewoonlik presies wat hulle wil hê.
Die dreigende Hakskeenbyter: Hulle bekom dikwels sensitiewe inligting wat met jou verband hou en waarmee hulle jou afpers en manipuleer deur te dreig om dit openbaar te maak: Iets wat jy in jou verlede gedoen het; of ’n intieme foto of boodskap wat jy vir hulle gestuur het, of iets negatiefs wat jy oor jou baas of ’n kollega gesê het. Hulle kan jou selfs met selfdood of gesinsmoord dreig.
Die Grootbek-bullebak: Dié soort bullebak probeer ander fisiek intimideer. Hulle is nie altyd groot nie, maar hulle sit stewig in ’n magsposisie. Hulle beweeg in jou persoonlike ruimte in, praat hard en dreig. Hulle doen dit dikwels in situasies waarin hulle daarmee kan wegkom, soos in ’n verhouding tussen ’n werkgewer en werknemer; onderwyser en leerder; in ’n ouer/kind-verhouding, of in een of ander wetstoepassingsposisie. In intieme verhoudings kan hy tot fisieke geweld oorgaan en jou selfs aan die pols gryp, stamp of klap. Wanneer hy hom daarna verontskuldig, is dit met die verweer dat dit jy was wat hom daartoe gedryf het.
Iets om te onthou: Dis belangrik om te onthou dat mense wat ander seermaak, gewoonlik vanuit hul eie seerkry reageer wat dikwels ou pyn, vernedering en skade is. Dit help wanneer iemand hul optrede verstaan, maar dit beteken nie dat dit hul optrede verskoonbaar of aanvaarbaar maak nie.
Beheervrate voel beter oor hulself maar ook meer in beheer van hulself wanneer hulle situasies en ander kan beheer. Daarom verander hulle nie sommer nie, tensy hulle insig in hul eie optrede en situasie kry, maar ook as mense dit werklik van hul vereis. Ongelukkig loop te veel mense op eiers rond in ’n poging om konflik te vermy. Op dié manier word beheervrate se gedrag in stand gehou en so word die geluk vernietig van almal wat by hulle betrokke is.
Anys Rossouw is ’n sielkundige in Menlopark Pretoria (012 460 7366 / anys@anys.co.za).
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.