kategorieë: Reis

Lewe in die bos

Die Kamdeboo Nasionale Park se Lakeview tentkamp bied sedert sy opening op 1 April 2012 ’n “rustieke natuurervaring”, sê parkbestuurder Peter Burdett. Die kamp bestaan uit vier gemeubileerde safari-tente in ’n area wat voorheen as lapa vir groepfunksies gebruik is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tente huisves twee mense elk en het rustieke meubels, beddens en beddegoed. Die kamparea, geleë op die vloedvlaktes van die Nqweba Dam , bied vyftien kampplekke vir woonwaens of tente met ’n maksimum van ses mense wat per kampplek toegelaat word. Elke kampplek het kragtoevoer en ’n braai-area terwyl die sentraal geleë gesamentlike gerieflike kombuis ’n diepvies, mikrogolfoond en stowe het vir kampeerders. Die gemeenskaplike badkamers het storte en toilette en is toeganklik vir almal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voorheen het Kamdeboo National Park, wat rondom Graaff-Reinet geleë is, nie huisvesting gebied nie. Burdett beklemtoon die geriewe komplimenteer die verskeidenheid geriewe vir besoekers in die dorp en kompeteer nie met huisvesting in die dorp nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kamdeboo se akkomodasie is gewild by kampeerders

Net ’n jaar na opening lyk dit of die Kamdeboo Nqweba Kampterrein en Lakeview tentkamp goed vaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dit het onderskeidelik in Maart en April 2012 geopen en is die eerste akkomodasie in die park wat besoekers ‘n rustieke oornagervaring in die natuur bied binne bereik van die park se wildbesigtigingsgebied,” sê parkbestuurder, Peter Burdett.

Voorheen het Kamdeboo Nasionale Park – wat om Graaff-Reinet geleë is – nie aan besoekers akkomodasie gebied nie weens die groot verskeidenheid huisvesting in die dorp. Maar met aanvraag van toerisme en neigings het, SANParke in 2010 besluit om tentkampe te ontwikkel wat die gevestigde huisvesting in die dorp sal komplimenteer en nie daarmee meeding nie.

Gedurende die eerste jaar van die ontstaan van die huisvesting was die Lakeview tentkamp 42.8% vol en die bed-okkupasie 41.4%. Nqweba kampterrein was 33.6% vol oor dieselfde tydperk.

Dit blyk dat gaste die uitleg van die terrein geniet, soos ‘n uittreksel uit komplimente aandui:

• “Kamdeboo het die bes ontwerpte kampterrein in SANParke.”
• “Smaakvol ingerig met natuurlike bos rondom elke kampplek om privaatheid te verseker. Die kampplekke is goed gespasieer van mekaar.”
• “Die klipperige oppervlak van die kampplekke is ’n slim plan en ’n mooi afwerking. Dit absorbeer klamheid en is nie modderig nie en is ook effektief om in stand te hou.”
• “Die bos om elke kampplek verseker nie net privaatheid nie, maar bied voortdurende interessantheid en plesier om voëllewe en klein diere om die kamp dop te hou.”

Die park se Lakeview tentkamp bied vier gemeubileerde safari-tente in die area wat voorheen as lapa vir groepfunksies gedien net. Die kampterrein is geleë in die vloedvlaktes van die Nqweba Dam en bied vyftien plekke vir karavane of tente met ’n maksimum van ses mense vir elke kampplek.

Elke kampplek het kragtoevoer en ’n braai-eenheid en is naby ’n sentraal geleë gemeenskaplike kombuis met ’n diepvries, mikrogolfoond en stowe vir kampeerders. Die gemeenskaplike badkamers het storte en toilette en is maklik toeganklik.

Die afgelope jaar het parkbestuur talle verbeterings op die kampterrein aangebring na terugvoer van kliënte. Burdett sê: “Muurproppe en haardroërs is in vrouebadkamers aangebring. Wasbakke en ’n wasgoedlyn is vir wasgoed geinstalleeer. Bykomende beligting is by die tentkamp aangebring met aan en af skakelaars pleks van die dag/nag beheerdfe ligte wat mense saans gesteur het as dit aan gelaat word. Dit is maar enkele verbeteringe om die lewe gemakliker te maak.”

“Onlangs is meer as 100 bergkaree bome geplant om bykomende skadu te bied. Sessitplek piekniektafels sal ook in die toekoms vir kampplekke aangebring word,” sê Burdett voorts.

Kamdeboo Nasionale Park se hoof toerisme-aantreklikheid is die uitsigryke Vallei van Verlatenheid wat tuiste is van die buffels en bokke soos elande, gemsbokke, rooihartebeeste, springbokke en blesbokke.

Besoek gerus SANParke se webblad vir meer inligting oor kampering.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

11 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

11 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

12 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

12 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

14 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.