Serves:Genoeg vir 30 meringuesNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
4 eierwitte
170 g (325 ml) versiersuiker
’n paar druppels voedselkleursel
Instructions
Voorverhit die oond tot 120 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Sny ’n sirkelvorm met ’n deursnee van 8 cm uit plastiek of transparantpapier. Gebruik die vel papier met sy uitgesnyde sirkelvorm as jou patroon vir die meringuesirkels en gooi die sirkel weg.
1 Klits die eierwitte saam met die helfte van die versiersuiker tot dik en glad. 2 Voeg die res van die versiersuiker en die voedselkleursel by en klits tot die mengsel dik en blink is. 3 Smeer die meringuemengsel eweredig oor die sirkelpatroon op die voorbereide transparantpapier. Die meringuesirkel moenie papierdun wees nie - sowat 1,5 mm dik. Lig die vorm op en herhaal die sirkels tot die bakpapier vol is. Bak vir 10-15 min. Haal uit die oond en laat afkoel voor jy dit versigtig van die bakplaat lig. (As dit nie hard geword het nie, kan jy dit in die oond uitdroog tot krakerig.) 4 Stoor in ’n ludigte houer vir tot 2 weke.