Serves:Genoeg vir 1 middelslagvormNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
20 ml (2 e) gelatien
100 ml water om die gelatien in te spons
600 ml kookwater
5 ml of 1 sakkie bloeiseltee
60 ml (1/4 k) strooisuiker
Instructions
1 Roer die water by die gelatien en hou eenkant. 2 Giet die kookwater op die teeblare en laat vir sowat 3 min. trek. Haal die sakkie uit die water. As jy los teeblare gebruik, giet deur ’n fyn siffie. 3 Voeg die suiker by die tee en roer tot opgelos. 4 Smelt die gelatien op die mikrogolf se ontvriesstelling of oor warm water en voeg by die tee. Meng goed en giet in ’n jellievorm. 5 Sit in in die yskas (oornag, of vir minstens 6 uur) tot geset. Druk die jellievorm vir ’n paar sekondes in warm water en keer op ’n dienbord uit.