kategorieë: KosSomerkos

Lenteslaai met ’n verskeidenheid eiers

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons het vir die lekkerte verskillende eiers gebruik, maar jy kan net hoendereiers gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 250 g dikspek, in repies gesny
  • dagoue plaasbrood in stukkies gebreek
  • 2 ganseiers
  • 2 hoendereiers
  • 4-6 kwarteleiers
  • ’n hand vol roketblare, bronkors (watercress) en ander babablare
  • 30 ml (2 t) olyfolie
  • sout en gemaalde swartpeper
  • uitgedrukte sap van 1 suurlemoen
  • parmesaan met ’n groenteskiller in dun lappies gesny

Metode

  1. Braai die spek bros en hou eenkant. Braai die stukkies brood in dieselfde pan in die vet van die spek tot goudbruin. Hou eenkant.
  2. Kook die ganseiers vir 4-5 min. In borrelende kookwater (’n saggekookte eier). Haal die eiers met ’n gaatjieslepel uit en dompel in koue water. Kook die hoendereiers vir 3-4 min. En sit ook in koue water. Kook die kwarteleiertjies vir 1½ min. En dompel ook in die koue water.
  3. Sit die slaaiblare op ’n mooi opdienbord en strooi die spek en brood daaroor.
  4. Dop die eiers af, breek versigtig oop en sit op die slaai. Geur met sout en peper (ons het ’n oulike brandrissiesout by Woolies gekry) en sprinkel die olyfolie en suurlemoensap oor. Eindig met die lappies parmesaan.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.