kategorieë: KosSomerkos

Lentepasta

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Aspersies
8-12 aspersies, harde onderste stingels afgebreek
sout

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Kook water in ’n klein kastrol en geur met sout. Laat staan die aspersies regop in die borrelende water. Die harder onderste dele sal sag kook en die stoom sal die sagte punte gaar kook.
2 Dreineer en hou eenkant.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kappertjiesous
2 knoffelhuisies
1 ansjovisfilet
’n hand vol Italiaanse pietersielie
10 ml (2 t) kappertjiesade
5 ml (1 t) Dijon-mosterd
sout en gemaaldeswartpeper
5 ml (1 t) heuning
30 ml (2 e) witwynasyn
125 ml (½ k) olyfolie
1 Sit al die bestanddele behalwe die olyfolie in ’n voedselverwerker.
2 Gooi die olyfolie in ’n dun straaltjie by die mengsel terwyl die masjien hardloop.
3 Skep uit die bak en hou eenkant. Meng deur die pasta sodra dit gaar is en sit met die aspersies voor.

Kappertjiepasta
500 ml (2 k) koekmeel
5 ml (1 t) sout
50 ml (3 e + 2 t) water
30 ml (2 e) olyfolie
2 eiers
’n hand vol kappertjieblare (afgespoel), stingels afgebreek
1 Sif die meel en sout in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel.
2 Meng die water, olie en eiers in ’n bekertjie en gooi dit in die meelholte terwyl jy die meel heeltyd inmeng. Hou aan meng tot al die meel ingemeng is.
3 Knie die deeg tot glad en egalig, draai in kleefplastiek toe en laat rus vir 20 min. in die yskas.
4 Verdeel die pasta in twee.
5 Rol die pasta in die pastamasjien uit. Begin by die eerste stelling op die masjien en rol die pasta deur. Vou die pasta dubbel en rol weer deur die eerste stelling. Rol die pasta deur al die stellings tot by die sesde stelling.
6 Sit die uitgerolde pastastrook op ’n skoon werkvlak. Pak die kappertjieblare op die een helfte van die pasta en vou met die ander helfte toe.
7 Rol dit nog een keer op die vyfde stelling deur. Sny die pasta in dik repe sodat die blaartjies sigbaar is. Herhaal met die res van die pasta.
8 Kook die pasta in vinnig borrelende water tot gaar, dreineer en sit met die aspersies en kappertjiesous voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

4 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

4 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

5 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

5 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

8 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.