kategorieë: DekorLeefstyl

Lente se kleur-inspirasie

Kleurverhaal een: Anoniem

Dié verhaal fokus op die vryheid wat deur die basiese dekorstukke verkry word. Dit is die jongste weergawe van neutraliteit en staan nie terug vir enige ras, geslag of selfs styl nie. Indien jy eenvoud koester, sal jy beslis by die kleurskema aanklank vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kleurverhaal twee: Terrein

Soos afgelei uit die naam, fokus “Terrein” op meer aardse kleure. Die hoof-inspirasie vir die verhaal is woestynlandskappe en die verskeidenheid kleure wat daarmee gepaardgaan. In dié kleurskema word die kleure op ’n nuwe, gebruikersvriendelike pallet omskep wat enige huishouding sal komplementeer. Indien jy van oranje en geel, asook warm neutrale kleure hou, is die kleurskema die een vir jou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kleurverhaal drie: Prisma

Prisma is baie jeugdig en kontemporêr met ’n sterk invloed vanuit die nuwerwetse, digitale kunste. Die verhaal behels hoofsaaklik verskeie lae van kleure wat saam met mekaar gebruik word om ’n gevoel van diepte te skep. As jy dit geniet om met dekor rond te speel, moet jy definitief hierdie pallet probeer!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kleurverhaal vier: Pouse

Plascon het die beste vir laaste gehou met dié verhaal wat gesofistikeerde, neutrale dekor eerste plaas. Hoewel die kleurskema baie minimalisties en outentiek is, geniet dit die grootste voorkeur danksy sy genuanseerde pallet. Die verhaal sien ook die gebruik van bordkrytverf – ’n neiging wat in vandag se dekorwêreld witwarm is! As jy daarvan hou om jou dekor neutraal, maar steeds relevant te hou, is die verhaal perfek vir jou.

Saam met die reeks kleurverhale, het Plascon ook onlangs sy kleur van die jaar bekendgemaak!

Die kleur van die jaar: “In the Mood

Elke jaar identifiseer Plascon ’n kleur wat die wêreldwye ontwerp- en dekorlandskap opsom. Die volgende kleur wat die gesogte titel dra is “In the Mood”, ’n nuwe kleur wat vanuit die Terrein-kleurverhaal kom. Dit is hoofsaaklik neutraal met aardse, grys en ligte pienk ondertone. Dit is ’n warm, tog gesofistikeerde kleur wat enige spasie perfek sal komplementeer. As jy ’n aanhanger van die minimalistiese-neiging is, is dié kleur beslis vir jou!

*Kyk deur die gallery hieronder vir meer inspirasie!

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

2 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

3 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

3 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

3 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

4 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

4 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.