Genoeg vir 6
• 500 g-stuk boerpampoen, in skywe gesny en pitte uitgehaal (moenie afskil nie)
• 60 ml (¼ k) olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• 5 cm-stukkie gemmer, geskil en fyngerasper
• 1 rooi brandrissie, fyngekap
• 5 cm-stukkie vars borrie, fyngerasper, of 7,5 ml borriepoeier
• 30 ml (2 e) garam masala
• 2 kaneelstokkies
• 2 lourierblare
• 350 g bruinlensies
• 2 x 400 g-blikkies heel geskilde tamaties
• 1 x 400 g-blikkie klapperroom
• 100 g Engelse spinasie (die klein blaartjies)
hand vol koljanderblare
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Pak die pampoenskywe op ’n oondpan, sprinkel 30 ml olyfolie oor en geur met sout. Bak vir 30-35 min. of tot gaar en goudkleurig.
2 Verhit die olyfolie in ’n kastrol oor matige hitte en braai intussen die ui, knoffel, gemmer, brandrissie en borrie vir 5 min. daarin, of tot sag. Voeg die garam masala, kaneelstokkie en lourierblare by en braai vir nog 2 min. of tot geurig.
3 Voeg die lensies, tamaties en klapperroom by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut vir 20-25 min.
4 Roer die spinasie deur en geur met sout en swartpeper.
5 Sit die lensiekerrie met die geroosterde pampoen en vars koljanderblare voor.
Lees ook: Indiese dosa met geurige blomkoolkerrie