Lendeskyf met chermoula, soetrissies & gekaramelliseerde uie
Lendeskyf met chermoula, soetrissies & gekaramelliseerde uie
Serves:Genoeg vir 4-6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Chermoula
7,5 ml (1½ t) komynsaad
5 ml (1 t) koljandersaad
15 ml (1 e) paprika
10 ml (2 t) borrie
’n knypie rooipeper
1 ui, gekap
gerasperde skil van 1 suurlemoen + 15 ml (1 e) suurlemoensap
30 ml (2 e) vars koljander, gekap
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
10 ml (2 t) heuning
sout en gemaalde swartpeper
Karamel-uie
Hierdie soet uie smaak fantasties saam met steak. Dit hou vir ’n paar dae in die yskas. Maak sommer baie op een slag.
45 ml (3 e) botter
45 ml (3 e) olyfolie
3 uie, geskil en oorlangs in dik skywe gesny
Geroosterde soetrissies
Geroosterde soetrissies werk goed saam met steak.
3-4 rooi soetrissies
30 ml (2 e) olyfolie
Instructions
Chermoula
1 Rooster die komyn- en koljandersaad, paprika, borrie en rooipeper vir 2 min. oor matige hitte of tot geurig. 2 Verwerk die speserye, uie, suurlemoensap, kruie, knoffel en heuning in ’n voedselverwerker tot fyn. Geur na smaak. 3 Smeer die chermoula op die steak en laat vir 30 min. marineer voor jy dit rooster.
Karamel-uie
1 Braai die botter, olyfolie en uie vir 10 min. oor matige lae hitte of tot sag. 2 Verhoog die temperatuur tot matig hoog en braai vir nog 10 min. tot goudkleurig en gekaramelliseer.
Geroosterde soetrissies
1 Sny die soetrissies middeldeur. Haal die wit vliesies en pitjies uit. 2 Sit op ’n bakplaat met die gesnyde kante na onder. Verf met olyfolie en rooster vir 20-25 min. of tot sag. 3 Trek die ergste vliesies af as dit jou pla, of gebruik dit andersins net so.
Om voor te sit Ons het baguettes in die lengte middeldeur gesny, gerooster en die lendeskyf (sirloin) in blokkies gesny, op sosatiestokke geryg en gerooster. Trek die vleis van die stokkies af en sit dit op ’n baguette voor saam met roketblare, die geroosterde soetrissies en karamel-uie.