Instructions
Gaan só te werk
1 Maak die marinade en laat lê die varkvleis daarin. Verhit die oond tot 220 °C.
2 Jy kan die vark, botterskorsie en patats vir sowat 50-60 min. in dieselfde oondpan bak.
3 Maak die pilaf - die rys kook vir sowat 20 min.
4 Maak intussen die slaai en hou eenkant. Gooi die balsemiekasyn en olyfolie net voor ete oor.
5 Meng die mosterdsous en sit voor met die vark, groente, beetslaai en pilaf.
Lemoenvarknek
1 (sowat 2 kg) ontbeende varknek, oopgevlek
1 lemoen vir die bakslag, in dik skywe gesny
sout (verkieslik Maldon) en gemaalde swartpeper
1 Meng al die bestanddele vir die marinade. Sit die oopgevlekte nek in ’n plastiek- of glasbak en vryf die marinade in die vleis in. Marineer vir minstens 20 min.
2 Verhit solank die oond tot 220 °C.
3 Sit die lemoenskywe in ’n oondpan en sit die vleis daarop. Geur goed met die sout en peper. Gooi die ekstra marinade oor die vleis. Rooster vir 50–60 min.
4 Haal die vleis uit en sny in dun skywe. Gooi die lemoenringe weg. Sit voor met vars tiemie of salie.
Vinnige mosterdsous
Genoeg vir 6Meng 125 ml (½ k) crème frâiche met 45 ml (3 e) Dijon-mosterd en 5 ml (1 t) heuning. Sit voor met die vleis.
Pilafrys met vinkel
1 Verhit die olie in ’n middelslagkastrol oor matige hitte en braai die uie daarin tot dit liggies verkleur. Voeg die knoffel en vinkel by en braai vir 1 min.
2 Meng die rys deur en gooi die water, sout, kaneel en lourierblaar by.
3 Bring die water tot kookpunt (dit moet borrel) en draai die stoofplaat af tot die laagste stelling. Bedek en stoom vir sowat 20 min. Die rys sal droog begin lyk en daar sal tonneltjies op die bokant verskyn wanneer dit gaar is.
4 Verwyder van die hitte en sit voor in ’n mooi opdienbak met ’n bietjie gekapte pietersielie oor vir kleur.
Geroosterde patats en botterskorsie
1 Meng die groente met al die ander bestanddele in ’n oondpan.
2 Geur met sout en rooster vir sowat 30-40 min. by 200° C tot sag en karamelkleurig. As jy nie genoeg plek in jou oond het nie, kan jy die groente langs die varkvleis in dieselfde oondpan bak. Sit dit net eers by ná die vark reeds vir sowat 30 min. in die oond is.
3 Sit voor met salieblare.