Versiersuiker
• 80 ml (1/3 k) sagte botter
• 750 ml (3 k) versiersuiker, gesif
• lemoensap
Room die botter en versiersuiker tot glad. Voeg genoeg lemoensap by om ’n sagte smeer te maak sodat dit egalig kan smeer.
Gekristalliseerde lemoenskil
- Spoel 2 lemoene goed af, skil met ’n groenteskiller, en sny die skil in dun repies.
- Smelt 250 ml (1 k) suiker in 250 ml (1 k) water in ’n middelslag-kastrol.
- Voeg die lemoenskil by en kook vir 10 min. Haal die skil uit die stroop en laat vir 5 min. afkoel. Sit op die koek vir versiering.