Serves:12 groot koekiesNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Ontbytkoekies
• 3 lemoene (mandaryn-lemoene)
• 250 g (1 k) strooisuiker
• 6 eiers
• 230 g (2 k) fyn gemaalde amandels/amandelmeel
Roomkaasversiersel
• 50 g (¼ k) sagte botter
• 230 g (1½ k) roomkaas by kamertemperatuur
• 130 g (1 k) versiersuiker, gesif
• 5 ml (1 t) suurlemoensap
• vrugtelekkers, gesnipper om soos blomblaartjies te lyk
Instructions
1 Sit die lemoene in ’n middelslagkastrol, bedek met water en kook vir 1 uur of tot sag. Wees versigtig dat die lemoene nie droogkook nie. Dreineer en laat heeltemal afkoel. 2 Breek die afgekoelde lemoene met jou hande oop en haal die pitte uit. Verpulp die lemoene, skil en al, in ’n voedselverwerker. 3 Hou eenkant tot benodig. 4 Verhit die oond tot 160 ˚C. Spuit ’n muffinpan met 12 holtes met kleefwerende sproei. 5 Gooi die strooisuiker in die bak van ’n voedselmenger (of gebruik ’n handklitser). Voeg die eiers by die strooisuiker en klits tot baie lig en donsig. 6 Voeg die lemoenpulp en amandelmeel by en roer versigtig deur. 7 Gooi die mengsel tot bo in die voorbereide muffinpannetjie (dit rys nie baie nie) en bak vir sowat 20-25 min. tot goudkleurig en gaar. ’n Toetspen moet skoon uitkom wanneer jy dit indruk. 8 Laat die koekies vir 5 min. in die pannetjies afkoel. Maak dan die kante versigtig met ’n paletmes los. Lig die koekies uit en laat verder op ’n draadrakkie afkoel.
Versiersel 1 Klits die botter en roomkaas tot goed gemeng. 2 Voeg die versiersuiker en die suurlemoensap by en klits vir ’n minuut of twee tot glad. 3 Verkoel in die yskas tot dit stewig genoeg is om te gebruik. 4 Versier die ontbytkoekies en pak die gesnipperde lekkergoed in blompatrone bo-op.