• Maak ’n 200 g pak-sjokoladekoekies in ’n voedselverwerker fyn. • Gooi 60 ml (¼ k) gesmelte botter en 30 ml (2 e) marmelade by. • Verdeel tussen 2 pannetjies met 6 holtes elk. • Druk stewig vas in elke pannetjie en sit in die yskas. • Smelt 90 g sjokolade oor ’n dubbelkoker en roer ’n 385 g-blik karamel daarby. • Meng die gerasperde skil van 1 lemoen by en verdeel tussen die tertkorsies. • Sit ’n stukkie verglansde lemoenskil op elk en sit voor.