Serves:genoeg vir 12 kolwyntjiesNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
• 125 ml (½ k) lemoenstroop
• 1 k (250 ml) basiese botterversiersel
• 1 x 110 g blikkie grenadellapulp
• 100 g plastiekversiersel
Botterversiersel
Genoeg vir sowat 4 koppies
Daar is ’n groot verskeidenheid kleursel by spesialiteitsbakwinkels beskikbaar. Wees op die uitkyk na poeier- en jelkleursels wat in baie interessante kleure te kry is.
• 5 groot eiers, geskei
• 270 ml suiker (1 k en 2 e)
• 500 g botter by kamertemperatuur
• 5 ml vanieljegeursel (1 t)
Instructions
1. Rol die plastiekversiersel so dun moontlik op ’n skoon werkvlak uit wat Liggies met versiersuiker bestrooi is. 2. Druk klein skoenlappers met ’n Koekiedrukker uit. Laat die skoenlappers met hul vlerkies in die lug tussen Die voue van ’n papier droog word sodat hulle soos vlinders in vlug kan Lyk. Laat staan tot hard. 3. Spuit die botterversiersel met ’n spuitsak met Die sterpunttuit in ’n hopie op die kolwyntjie. 4. Drup die grenadellapulp oor die versiersel en tooi met skoenlappers.
Botterversiersel
1. Roer die eierwitte, suiker en ’n bietjie sout aanhoudend in ’n metaalbak oor ’n kastrol met kokende water tot die suiker opgelos is. 2. Vryf die mengsel tussen jou vingerpunte om seker te maak dat al Die suiker opgelos is. Haal af. 3. Klop die mengsel in ’n elektriese menger met ’n ballon-klitser tot stywe punte vorm. 4. Vervang die ballonklitser deur die spaantoestel. Voeg die botter eetlepelgewys by en klop goed ná elke byvoeging. Die mengsel kan geskif lyk, klop net verder. 5. Voeg die vanieljegeursel by en meng goed deur. 6. Verdeel en geur soos benodig, of andersins kan die versiersel in ’n lugdigte houer verseël word en sowat 3 dae in die yskas gehou, of vir ’n maand gevries word. 7. Ontdooi by kamertemperatuur en spuit met ’n spuitsak met die sterpunttuit op die kolwyntjies.
Lemoenstroop 1. Voeg die gerasperde skil van 1 lemoen by 125 ml (½ k) van die basiese stroop. 2. Voeg laastens 60 ml (¼ k) Grand Marnier-likeur (lemoenlikeur) by die stroop. Verhit tot deurwarm en verf oor die lemoen en-papawer-kolwyntjies