Instructions
Botter-versiersel
Genoeg vir sowat 2 koppies
Klop 500 g sagte botter met ’n elektriese menger tot lig en donsig en gooi 500 g gesifte versiersuiker by. Klop verder tot glad en voeg 5 ml (1 t) vanielje-ekstrak by.
Royal-versiersel
Sowat 1 kg versiersuiker
Stel die elektriese menger op ’n lae spoed en meng 1 kg versiersuiker met 4 eierwitte en 15 ml (1 e) suurlemoensap tot die versiersel glad is. Verhoog die spoed en klop die versiersuiker tot sagte punte vorm.
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Voer twee 20 cm-panne met bakpapier uit en spuit met kossproei.
2 Gooi die jelliepoeier in ’n mengbak en roer die kookwater by. Verhit vir 20 sekondes in die mikrogolfoond tot gesmelt. Laat eenkant afkoel.
3 Klop die eiers en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die lemmetjiesap en olie by en klop goed tot die mengsel glad is.
4 Voeg die afgekoelde jellie by en meng goed deur.
5 Sif die meel, bakpoeier en sout by en meng versigtig deur. Roer die gerasperde skil by.
6 Skep die beslag in die voorbereide pannetjies en bak vir 20-25 min. of tot ’n toetspen wat in die middel van die koek ingesteek word, skoon uitkom. Laat vir 10 min. in die pannetjies afkoel en keer uit.
Framboosversiersel
7 Meng die kleursel deur die botterversiersel. Roer dan liggies 2/3 van die frambose by en smeer tussen die lagies koek.
8 Stapel die koeke opmekaar en smeer die Royal-versiersel oor die bokant.
9 Tooi net voor opdiening met die res van die vars frambose.