Voorverhit die oond tot 200 °C.Lekkerste gebraaide hoender
Ingredients
Instructions
1 Meng die koeskoes en kokende hoenderaftreksel goed deur. Bedek en laat vir 3 min. staan. Meng met ’n vurk en laat afkoel.
2 Braai die ui en knoffel in 15 ml olyfolie in ’n pan tot sag en deurskynend. Voeg die koljander, komyn, paprika en dadels by en braai vir nog 3 min.
3 Meng die dadelmengsel, pistasieneute en sout en peper deur die koeskoes.
4 Wikkel die hoendervel op die bors en dye met jou vingers los. Druk die gesnyde chorizo in enkellae onder die vel in.
5 Vul die holte van die hoender met die koeskoesmengsel. Bind die bene met kombuistou saam en sit die hoender, borskant na bo, op ’n oondpan, verf met olyfolie en geur met sout en peper.
6 Bak vir 1 uur of tot daar helder vloeistof uitloop wanneer ’n sny in die dikste deel van die boudjies gemaak word. Haal uit die pan en laat rus vir 6-7 min. sodat die vleissappe geabsorbeer word.