kategorieë: ReisOntspanning

Lae-alkohol wyn vir ’n lekker Kaapse uitstappie

As jy in die Kaap woon of kuier, is ’n uitstappie na ’n wynplaas een van daardie moet-doen dinge. Maar drink en bestuur is uit. Wees slim: as jy die vrou agter die stuur is, kies wynplase wat bekend is vir lae-alkohol wyn en/of nie-alkoholiese wyn. Dit is heerlik, gesofistikeerd en trendy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wenk

’n Wynproe sluit gewoonlik vier tot ses glasies in. As ses proeglasies korrek geskink is, is dit min of meer gelyk aan een glas wyn. As jy lae-alkohol wyn kies, is jy steeds veilig agter die stuur. Maar sê dat jy bestuur, sodat hulle nie jou glasies oorvol maak nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Beste wynproe vir alkoholvrye wyn

Die lekkerste opsie is nie-alkoholiese vonkelwyn. Ons kan JC le Roux se Le Domaine aanbeveel. Dit is verfrissend en lig, en net effens soet. Die borreltjies gee dit dieselfde finesse as ’n glas egte MCC.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

JC le Roux is op die pragtige Devon Valleipad, net buite Stellenbosch, met al sy eetplekke en ander vermaak. Die area rondom JC le Roux is besonder mooi en geskik vir ’n kort stappie of maklike fietstoer van plaas tot plaas.

Beste wynproe vir lae-alkohol wyn

As die Kaap te besig raak na jou smaak, is dit lekker om die pad te vat na ’n plek soos Robertson. Dit is minder as twee uur se ry vanaf Kaapstad en daar is oorgenoeg om te doen om ’n dag-uitstappie daarvan te maak.

Vir die motorbestuurder is Four Cousins se Skinny-reeks (wit, rooi en blos) die perfekte lae-alkohol wyn. Dit is verfrissend, met ’n intense nasmaak wat die mond lekker vul en bevredig. Four Cousins is bekend vir hul avontuurlike wyn-en-kos kombinasies. Dit is ’n onverwagse treffer. Die gewone proegoedjies soos olywe, sjokolade, brood, beskuitjies en neute is daar, maar hier praat ons van liquorice (die regte outydse soort), Sweetie pies, dieretuin-koekies, Turkse lekkers, nougat, fudge, granitas en selfs kruie. Mens loer bra skepties na jou bordjie proegoed, maar wees gereed om verras te word. Die kombinasies wérk – selfs met lae-alkohol wyn.

Eetplekke, kuns en donkies by Robertson, McGregor

Wat van ’n bietjie kultuur? Daar is ’n beeldetuin by Rialheim, wat langs Four Cousins is. Stap sommer soontoe … tensy jy ’n kattebak vol eetgerei koop. Rialheim spesialiseer in hipermoderne pottebakkersware wat wissel van koffiebekers tot slaaibakke en dekoratiewe elemente. ’n Geheimpie: hulle is verskaffers vir @Home, en sekere buitelandse winkelgroepe. Jy kan dieselfde items hier kry wat in verskeie eksklusiewe winkels uitgestal word.

Min mense weet hoe naby jy eintlik aan McGregor is, as jy eers in Robertson is. Dit is maar ’n kwartier weg. Gaan verken gerus hierdie lieflike Kaapse juweeltjie. Daar is ’n aftreeplek vir donkies, ’n dosyn of so snuffelwinkeltjies, kuns en lieflike eetplekke om te verken. Ons kan Green Gables as eetplek vir ’n ligte, informele middagete aanbeveel.

Lees ook: Lus vir ’n vakansie of naweek in Robertson / McGregor??

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

7 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

13 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

14 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

14 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

14 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

15 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.