Lekker uitstappie vir die hele gesin – en heerlike burgers daarby!

Deur Maryke Roberts. Foto’s: verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die plaas se eerste fotografiekompetisie het meer as 500 inskrywings gelok, en die wen-inskrywings is nog tot einde Junie in die wynlandgoed se biblioteek te sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Finaliste se foto’s van die eerste fotografiekompetisie word in die Vergelegen-biblioteek uitgestal en is tot einde Junie vir die publiek toeganklik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die foto’s is uiteenlopend en belig die vele kenmerke van hierdie pragtige landgoed, wat vier jaar gelede tot provinsiale erfenisterrein verklaar is.

Die wenners sluit onder meer in: Kameraklaswenner: ’n Bloukraanvoël beeldhouwerk in die Oostuin, deur Mike Hodgson; Slimfoonklas eerste plek: ’n Sonneblomland teen ’n bergagtergrond, deur Navashni Knowlden; Junior klaswenner: Vergelegen se historiese Octagonal Garden, deur Morgan Eaton; People’s choice-toekenning: Vergelegen-besoekers met wyn, deur Thomas Moss.

Die standbeeld van bloukraanvoëls het aan Mike Hodgson die eerste plek in die fotografie se Kameraklas besorg.
Thomas Moss was die People's Choice-wenner met sy foto getiteld “Vergelegen besoekers met wyn”.

“Ons is verheug oor die reaksie en baie dankbaar teenoor ons vennoot en borg Orms-fotowinkel,” vertel Wayne Coetzer, Vergelegen se besturende direkteur. “Orms het ’n streng beoordelingsproses bestuur en ook eersteklas afdrukke gelewer.

“Dit was fassinerend om die landgoed deur die vars perspektief van hierdie amateur- en professionele fotograwe te sien. Hulle het daarin geslaag om die skoonheid en uiteenlopende besienswaardighede van hierdie wonderlike eiendom vas te vang.”

Met al die mooiheid om jou, kan jy natuurlik nie help om honger en dors te word nie. Hoewel daar verskeie lekkerbek-plekke op die plaas is om aan wen-wyne te teug en uithalerkos te geniet, is die nuutste avontuur wat jy nie kan misloop nie, die Nguni Café.

Lekker buitelewe: Nguni Café verrys in ’n skouspelagtige omgewing.
Verlustig jouself in die Nguni rooiwyn, -witwyn, of ’n koue bier met hierdie mooie uitsig oor die beeste.

Teen die skouspelagtige agtergrond van die Hottentots Holland-bergreeks, is hierdie opskiet-restaurant binne ’n 400-hektaar veld geïnstalleer. Gaste kan die landgoed se manjifieke Nguni-trop besigtig, wat sowat 400 inheemse beeste insluit, wat vrylik wei op die groen weivelde langs die opskiet-restaurant.

Die glaskonservatorium is omring met hooibale, en dis ingerig om die Nguni-tema te versterk. Dit is ’n verwelkomende mengsel van plattelandse sjarme en moderne flair.”

Elegante plattelandse styl in Somerset-Wes op ’n historiese wynplaas, waar daar altyd iets nuuts is om te ontdek.

Hierdie lekkerte is egter net vir twee maande beskikbaar en beklemtoon kwaliteit bestanddele en uitstekende diens en die beste hamburgers in die dorp!

Jy kan jou tande sink in sappige beesvleis-, hoender- of vegetariese burgers met skyfies (R120). Nagereg is ’n draairoomys (R30) of alternatiewelik roomys met ’n sjokoladebruintjie (R60). Kinders van 10 jaar en jonger kan ’n kinderburger en skyfies teen R80 geniet.

Burger-bekoring: Simba Takaedza bied ’n sappige kaasburger met skyfies aan.
Trots Vergelegen met sy pragtige “V” wat ook vir “verskriklik” lekker kan staan!

Bier, wyn, koeldrank en warm drankies is beskikbaar.

Wayne vertel oor ’n lekker dubbel kaasburger en skyfies: “Vergelegen het in Julie 2021 met ’n prettige idee vorendag gekom, met sy eerste Nguni Café, ‘n fynproewers worsbroodjiekafee in die skilderagtige omgewing van sy beeskraal. Hierdie opskiet – wat tydens die Covid-19 pandemie-inperking bekendgestel is toe gasvryheidsinstansies weer gaste kon verwelkom en wynverbruik op die perseel kon bied – het baie vinnig gewild geword. Die huidige Nguni Café bou voort op hierdie aanvanklike sukses.”

Terwyl die Nguni rooiwyn sysag in my keel afgly, kom snuffel ’n mooie Nguni naby ons tafel agter die glas en ek gaan leun oor om haar kop te vryf.

Diens met ’n glimlag: (van links) is die vriendelike kelners, Simba Takaedza, Taux Jongwe en Moses Juta.
Nguni Café is perfek vir ’n ontspanne uitstappie saam met kinders.

Vergelegen is daagliks oop vir die publiek, 08h30-17h00 (laaste toegang 16h00) en die Nguni Café Woensdag tot Sondag van 10:00 tot 16:00. Geen besprekings word geneem nie. Binne kan 30 mense sit en die bedekte stoepgedeelte het plek vir 70 mense.

Lees ook: St. Helena se toerismehekke is wawyd oop

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

29 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.