kategorieë: Ontspanning

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het beslis nie in die verlede vasgehaak nie, maar is voortdurend besig met interessante nuwe dinge. Die nuutste lekkerte is ‘n opskiet eet-ervaring, Cabernet & Carne, waar jy inderdaad terugstap in tyd met dekor en trooskos by ‘n outydse vuurherd, maar selfs vegetaries of glutenvry met jou voete stewig in 2024, kan kuier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die uitstappie begin lank voor jy aansit: by die proelokaal op die landgoed wag ‘n trekker en oulike busgedeelte gaste in waarin jy stadig deur die plaas ry; verby die sonneblomme, onder deur reuse ou bome, terwyl die berge die oggend omvou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die trekker en oulike busgedeelte wat gaste tussen die opskiet restaurant en proelokaal vervoer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Aan die einde van die plaas se indrukwekkende boomwoud, wag ‘n gerestoureerde, skaapwagtershuisie waar die reuk van lampolie, kaggelvuur en veld, jou neus kom verlei.

Die pragtige opskiet eet-ervaring wat in die ou skaapwagtershuisie op die plaas ingerig is.
Taux Jongwe, een van die kelners, verwelkom gaste by die ingang van Cabernet & Carne.

Die opskiet-ervaring is net vir die koeler wintermaande geldig, so die knusheid van die strooibale buite onder die stoepdak en die kerse binne, net die plek om al jou sintuie te stimuleer.

Die kaggel brand in die reuse vuurherd en die kerse flonker verwelkomend.
Terwyl jy jou slimfoon propvol foto’s van die oulike opskiet restaurant neem, gooi die kelners solank jou wyn.

Die restaurant bied ‘n deurdagte vasgestelde spyskaart wat die beste van seisoenale en erfenis-kookkuns vier. Die spyskaart, teen R495 per persoon, bevat heerlike, tradisionele Suid-Afrikaanse disse.

1. Huisstyl begin: Ouma se tradisionele boontjiesop met plaasbrood en Cabernet botter, alternatiewelik ‘n vegetariese boontjiesop met ‘n mignonette sous.

2. Hoofmaal: Entrecôte-steak, of baba-spatchcock-hoender, of eiervrug-schnitzel, bedien met onbeperkte patat en ‘n groenslaai.

Entrecôte biefstuk en onbeperkte skyfies, met Vergelegen Cabernet Sauvignon.

3. Heerlike einde: Outydse souskluitjies – kaneelbolletjies – bedek met ‘n crème brûlée-vla.

Tradisionele souskluitjies vir nagereg is ware trooskos.

4. Lekker laaste slukkie: Moerkoffie met ‘n skeut kondensmelk.

Lekker laaste slukkie: Moerkoffie met ‘n skeut kondensmelk.

‘n Seleksie van Vergelegen-rooi- en witwyne, likeurs en drankies is beskikbaar (nie by die vasgestelde spyskaartprys ingesluit nie).

“Ons is opgewonde om gaste by hierdie magiese plek te verwelkom,” sê Wayne Coetzer, besturende direkteur van Vergelegen. “Cabernet & Carne bied veel meer as ‘n ete; dit is ‘n ervaring wat die plattelandse sjarme van ons landgoed kombineer, met die kulinêre uitnemendheid waarvoor Vergelegen bekend is.

“Of jy nou ’n kosliefhebber, wyn-entoesias is, of bloot op soek is na ’n aangename winter-uitstappie, hierdie opwip-restaurant is die perfekte bestemming.”

Die span agter die heerlike spyskaart is van links, Matthew Meintjies, uitvoerende sjef Michelle Barry en Heinrich Strydom.

Cabernet & Carne is oop vir middagete van Woensdag-Sondag, 12h00-17h00 (kombuis sluit 15h30).

Besprekings noodsaaklik: 021 847-2111, info@vergelegen.co.za of op Dineplan.

Lees ook: Baie woelinge op Kanonkop

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.