Ingredients
- Griekse marinade
- • 200 g Griekse jogurt
- • 5 ml (1 t) koljandersaad,
- • 2 knoffelhuisies, gekneus
- • gerasperde skil van 1 suurlemoen
- • handjie vol kruisement, gekap
- • handjie vol koljander, gekap
- Suurlemoen-en-heuning-smeer
- • 125 ml (½ k) olyfolie
- • uitgedrukte sap en gerasperde skil van ’n halwe suurlemoen
- • 15 ml (1 e) heuning
- • 3 takkies tiemie, fyn gekap
- • 1 knoffelhuisie, fyn gekap
- • 5 ml sout
- Koljander-en-roosmaryn-sout
- • 45 ml (3 e) koljander
- • 20 ml komyn
- • 2 takkies roosmaryn, fyn gekap
- • 15 ml (1 e) seesoutvlokkies
- Mexikaanse salsa
- • ½ rooi-ui, fyn gekap
- • 1 avokado, in blokkies gesny
- • handjie vol vars koljanderblare
- • gerasperde skil en sap van 1 lemmetjie
- • 125 ml (½ k) kersietamaties, in blokkies gesny
- • 1 groen brandrissie, fyn gekap
- • 5 ml (1 t) sout
- • 1 soetmielie, gekook en die pitte afgesny
Instructions
Griekse marinade
1 Meng alles in ’n vlak glasbak en marineer die tjops vir 4 uur daarin.
Suurlemoen-en-heuning-smeer
2 Meng alles en verf die tjops daarmee terwyl jy hulle braai.
Koljander-en-roosmaryn-sout
3 Stamp die bestanddele fyner in ’n stamper en vysel en vryf oor die tjops.
Mexikaanse salsa
4 Meng alles en sit met die gebraaide tjops voor.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }