• Suurlemoenbakkie: Sny ’n suurlemoen of enige ander vrug met ’n harde skil middeldeur. Skep al die vlees uit en maak seker die binnekant is mooi skoon. Skep ’n skeppie roomys in en vries oornag.
• Sjokolade-en-bloubessie-toebroodjie: Ons het Today’s Ready-to-bake-sjokoladedeeg uitgerol en reghoekige koekies uitgesny en gebak. Pak twee koekies op mekaar met roomys.
• Versier jou kolwyntjies met roomys.
• Gekoopte meringues maak ’n heerlike en vinnige roomystoebroodjie.
Beste wenk vir roomys
Haal die roomys ’n paar minute voor opdiening uit sodat dit effens sagter word voor jy dit opskep en balle vorm.
JY KAN roomys en sorbet in enige vorm laat vries
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Broodpannetjies, plastiekbakkies, ou jogurtbakkies, ramekins, en in metaal- of keramiekhouers. Jy kan die bakkies met kleefwerende kossproei spuit as jy wil seker maak die roomys kom maklik uit. Haal die roomys ’n paar minute voor opdiening uit, laat staan en wikkel effens tot dit loskom. As dit regtig vassit, kan jy ’n warm lappie onder die vorm hou. Moenie in warm water sit nie, want dan smelt die roomys sommer heeltemal.
Vrugte onbekombaar?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('Gebruik bevrore bessies of geblikte vrugte soos grenadella en mango. Vrugtesap maak heerlike sorbets. Maak blitsroomys met vrugtejogurt: Meng 1 blikkie mango’s, fyn gemaak in die stroop, en 1 k (250 ml) mangojogurt. Gooi in vormpies en vries.
Het jy nie ’n roomyskarring nie?
Jy kan roomys maak al het jy nie ’n roomyskarring nie. Yslollies en ’n semifreddo word byvoorbeeld glad nie gekarring nie.
Roomys wat van vla gemaak word, moet gekarring word om die yskristalle in kleiner, egaliger kristalle af te breek sodat jy ’n dik en weelderige roomys kry. Maak basiese vrugteroomys. Gooi die mengsel in ’n plat vlekvryestaal- of glasbak en vries vir 2-3 uur, of tot die kante begin vries (die tydsduur verskil van vrieskas tot vrieskas). Krap nou die kristalle met ’n vurk of ’n elektriese klitser van die kante weg en meng deur. Herhaal die proses elke 2 uur tot die roomys begin verdik en romerig lyk. Maak toe en vries oornag.
Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…
Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman. Om langs die pad gestrand te wees weens…
’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…
kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…
Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…
Deur Margaret Gardiner Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…
Hierdie webwerf gebruik koekies.