kategorieë: KosLaekoolhidraat

Laekoolhidraatbeskuit

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Basiese broodresep

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 500 ml (2 k) amandelmeel
  • 250 ml (1 k) klappermeel
  • 250 ml (1 k) saadmengsel (sonneblom, sesamsaad, pampoensaad, lynsaad)
  • 250 ml (1 k) saadmengsel fyn gemaak
  • 125 ml (½ k) sonneblomsaad
  • 45 ml (3 e) psyllium husks
  • 20 ml (4 t) bakpoeier
  • 4 eiers
  • 500 ml (2 k) karringmelk
  • 60 ml (¼ k) xylitol
  • 300 g botter, gesmelt

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Metode

  1. Voeg 125 ml (½ k) klapper en nog 60 ml (¼ k) xylitol by die basiese broodresep en bak soos beskryf (*sien onder).
  2. Sny die gaar brood in 3 cm-snye en verdeel elke sny in drie dele. Sit op ’n bakplaat.
  3. Verlaag die oondtemperatuur tot 70 °C en droog die beskuit uit tot bros. Sit ’n houtlepel in die oonddeur sodat die beskuit goed kan droog en die vog kan ontsnap.
  4. Verpak lugdig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Spuit twee 18 cm x 8 cm x 7 cm- pannetjies met kleefwerende kossproei.
  2. Meng die amandel- en klappermeel, saadmengsel en fyn saadmengsel, sonneblomsaad, psyllium en bakpoeier.
  3. Klits die eier, karringmelk, xylitol en botter saam.
  4. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en gooi die eiermengsel by. Meng goed.
  5. Verdeel die deeg tussen die pannetjies en bak vir 50-60 min. tot goudbruin. Indien die bokant te vinnig bak, bedek met ’n stukkie foelie. Laat in die pannetjies afkoel.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.