Lees saam met jou kind op Wêreld Kinderboekdag deur Mariette Snyman, verwerk deur Martie Pansegrouw. Hooffoto: iStock/Kerkez
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Lees vir ons ’n storie!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }In ons besige wêreld bly rustige saamweestydjies dikwels in die slag. Ouers moet skarrel om by te hou met werk, hul kinders se bedrywighede en behoeftes, sosiale aktiwiteite, en ‘n magdom ander eise. Soms wil hulle net ‘n rukkie sit en hul asem terugkry.
Die goeie nuus is dat die voorlees van ‘n storie vir jong kinders vir hulle én vir jou lekker kan wees. Dit bind julle saam en dit hou groot voordele vir kinders se intellektuele en skolastiese ontwikkeling in. Daarby maak die identifikasie met karakters en situasies hulle emosioneel slimmer – veral as jy tussendeur met hulle oor die storie gesels. En as jy styf teen jou kind sit, skei julle albei sommer ekstra goedvoelhormone af.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Lees ook: Jy kan jou kinders aan die lees kry
Hoekom is dit belangrik tyd vir lees te maak?
Lees ook: Help jou kind se leesvaardighede aan
Dis maklik om tyd vir stories te maak!
Hier is vyf eenvoudige dinge wat jy kan doen om seker te maak dat storietyd meer gereeld gebeur
Skakel jou selfoon af en lees 15 tot 20 minute vir jou kind (klein of groot) voor. Jy is nooit te oud om dit te geniet wanneer iemand vir jou voorlees nie. Ouer kinders kan selfs vir jou voorlees!
Soek die storie saam uit, op julle eie boekrak of in die biblioteek. Jy kan ook ʼn boekeruil met vriende organiseer.
Soek ʼn stil, gemaklike hoekie vir saamlees. Maak ʼn tent met ʼn laken en kussings! Sorg dat daar nie speelgoed of toestelle is om die tydjie te bederf nie (maar dalk wil Teddie ook die storie hoor!)
Dramatiseer die storie met verskillende stemme en aksente. Kry die kinders om klanke soos ʼn motor wat wegtrek, ʼn hoender wat kraai, of ʼn gil te verskaf. As daar ouer kinders is, kan elkeen ʼn sekere karakter se woorde lees.
Moenie haastig wees nie. Vergeet ʼn rukkie van alles wat gedoen moet word, en sorg dat julle pret het.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.