kategorieë: WenkeMode

Sorg so vir leer

Leer is  hier en ook internasionaal die mees begeerlikste bekleedsel vir meubels, in die voertuig industrie asook in klere ontwerp. Suid-Afrika is tans een van die vooraanstaande lande as ons van leer produksie praat. In vroeër tye is primitiewe leer-metodes aangewend, maar die industrie is huidiglik hoogs wetenskaplik en in-diepte navorsing word gedoen om leer te verbeter om by ons moderne leefwyses aan te pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe moet ons leer-items versorg sodat dit langer sal hou?

Leatherguard verskaf die volgende belangrike redes waarom ons noukeurig na ons leer moet omsien.

1. Voorkom dat die leer kraak en afdop.
2. Beskerm teen sonbeskadiging.
3. Maklike verwydering van ink en vlekke.
4. Bewaar buigsaamheid en glans.
5. Voorkom dat die kleur verbleik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vir meer inligting besoek www.leatherguard.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verwyder vlekke in drie maklike stappe

STAP 1 – Dreineer enige vloeistowwe van die leer met ’n skoon wit lappie of papier handdoek.

STAP 2 – Verwyder alle soliede stukkies wat oorblywend is op die leer versigtig. As die stukkies droog geword het, kan dit afgeborsel of met ’n stofsuier verwyder word.

STAP 3 – Identifiseer die vlek en verwyder dit met die korrekte produk of kontak Leatherguard direk vir verdere navrae by www.leatherguard.co.za

Handige wenke om jou leer produkte te beskerm

1. Moenie jou leer baadjie laat droogskoonmaak nie. Die kleur gaan uitwas, dit verwyder die olies uit die leer en beskadig die leer-kledingstuk.

2. Gebruik van Leatherguard se spesialis produkte (soos die Diep Reiniger) om die leer skoon te hou.

3. Bly weg van wasgoed-opknapmiddels soos Stasoft, aangesien dit ook die kleur van jou leerbaadjie sal beïnvloed.

4. Gebruik hul spesialis-room om jou baadjie weer ’n sagte gevoel te gee.

Wenke om na jou leer skoene om te sien

Volgens Green Cross versorg mense verskillende tipes leer op uiteenlopende wyses:

1. Volgraan-leer

Maak seker dat jou politoer die kleur van die skoen naboots. Neutrale skoenroom of -politoer moet aan lig gekleurde en natuurlike leer aangend word. Wend egalig aan in klein hoeveelgede met ’n skoon droeë lap.

2. Blinkleer

Vee hierdie leer met ’n skoon lap gevolg deur versigtige polering.


3. Sweedseleer

Vuilighede op die oppervlak moet met ’n sagte borsel verwyder word. Sommige vlekke kan met ’n suede-skoonmaakproduk verwyder word. Sekere skoonmaak middels kan die kleur van die leer verdonker. ’n Sagte borsel kan gebruik word om die pluisafwerking te lig en herstel. Voorkom dat olierige vloeistowwe op die sweedseleer kom, want dit sal die leer permanent beskadig.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

10 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

20 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.