kategorieë: Ons menseBekendes

Leer meer oor ‘Een keer om die son’ se legendariese akteurs

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jacques Bessenger, wat die rol van Ruan van Wyk speel, was in 2003 te sien as Mossie in die eerste dramareeks wat vir kykNET vervaardig is, Song vir Katryn. Ook in die rolverdeling was die sanger en liedjieskrywer Valiant Swart en die gewilde Kwêla-aanbiedere Therese Benadé wat die rol van Katryn gespeel het. Jacques was die afgelope jare ook in reekse soos Dwaalster, Hartklop, Donkerbos en Koek. Vir die Silwerskerm-toekennings is hy vanjaar vir Hartklop (beste manlike byspeler in ’n TV-drama) en Koek (beste akteur in ’n TV-drama) benoem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jana Strydom (Lani) se TV-debuut was in die dramareeks Erfsondes en in 2009 het sy die rol van Marcelle Crafford losgeslaan in die sepie Egoli: Plek van goud. Sedertdien was sy in verskeie reekse en films wat Afgrond, Arendsvlei, Fynskrif en Projek Dina op kykNET insluit.

Joanie Combrink (Elma van Wyk) het in 1981 haar debuut op TV gemaak in die reeks Gazette. Van haar medespelers was Regardt van den Bergh, Pierre Knoesen en Zack du Plessis. Die skrywer en regisseur was Jan Scholtz wat ook verantwoordelik was vir Joanie se tweede TV-reeks, Sterretjie (1982). Saam met haar in die reeks was Ryno Hattingh, Annelisa Weiland en Antoinette Kellerman.

Albert Maritz (Sebastian van Wyk) het in 1982 sy rolprent-debuut in Manie van Rensburg se Die perdesmous gemaak en was in die beginjare van sy loopbaan in reekse soos Galery, Skoolplaas-stories en Kinders van die Sabbatsee te sien, maar dis was Konings (1992), waarin hy die rol van Herman Roodt gespeel het, wat hom gevestig het as een van die land se talentvolste akteurs. Hy was intussen in verskeie kykNET-reekse onder meer Alles Malan, Dwaalster en Plan B.

Susanne Beyers (Salie Wessels) het in 1983 haar TV-debuut in Dennekruin 12 gemaak en was in die 1980’s in reekse soos Skooldae en Liewe hemel, Genis! en as Sloet Steenkamp se vrou, Annette, in die tweede en derde seisoene van die dramareeks Arende te sien. Die afgelope paar jaar was sy in onder meer Dinge van ’n kind, Vallei van sluiers en Fynskrif.

Pierre van Pletzen (Jan Wessels) het drama studeer aan die Universiteit van Pretoria en het 1981 sy TV-debuut in die reeks Ntunzini Spa gemaak. Hy was ook te sien in Gideon Scheepers, Die vlakte duskant Hebron en 1922. In 1989 het hy die rol van Spike Potas in Orkney snork nie gespeel en vir sewentien jaar, van 2000 tot 2017, was hy Septimus van Zyl, oftewel Oubaas, in 7de Laan. Pierre was ook te sien in die bekroonde films Hans steek die Rubicon oor en Meerkat maantuig asook die TV-reeks Fraksie.

  • In vanaand se episode van Een keer om die son, hou Sophia partytjie vir Lani se verjaardag, maar Ruan bereik ’n breekpunt wanneer Sophia se fantasiewêreld te ver gaan.

Lees ook: Ontmoet Almero, die man agter ‘Een keer om die son’ se treffende klankbaan

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hawermoutkoekies met sjokoladesplinters

Bak hierdie koekies vir die vakansiekoekblikke. Die hawermout verlaag die GI van die koekies sodat…

18 hours Gelede

Word die ‘miljoenrandvraag’ dié lente op kykNET beantwoord?

Is dit ’n kwessie van “heerlike lente” vir vasvraprogram-foendies wanneer Wie word ’n Miljoenêr? in…

18 hours Gelede

14 redes hoekom jy sleg slaap en wat jy daaraan kan doen

Dis somer, en nou slaap jy nog slegter. Wat alles kan jou wakker hou, en…

1 day Gelede

Ateljeenessies – hoe om die meeste uit jou klein spasie te kry

Daar is uitdagende ontwerpe en dan is daar die uitdaging van ’n ateljee-woonplek! Hoe pas…

1 day Gelede

Marinda Engelbrecht se tjipshoender

Haar resepteboek Marinda se koskas bevat resepte vir lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan…

2 days Gelede

‘Een keer om die son’: Tekens dat jou maat dalk ontrou is

In vanaand se episode van Een keer om die son soek Ruan antwoorde by Lani…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.