kategorieë: Reis

Leer ken die Basotho-wortels

Die son is kokend warm, maar Disebo Mokoena is op haar hande en knieë en sprei ritmies klam beesmis in halfmane oor die vloer. In die hut langs hare, is Nteboheng Sesoai besig om koring te maal met ’n klip om ’n maaltyd vir haar gesin voor te berei. Sy stoot die ronde klip oor en oor die pitte totdat dit ’n fyn poeier is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is ’n toneel reg uit die 17de eeu wat in ’n tradisionele Basotho-nedersetting afspeel. Jy sal dit vandag steeds kan sien gebeur by die Basotho kulturele nedersetting by die Golden Gate Hoogland Nasionale Park.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

"Dit is ’n opelug-museum," verduidelik erfenis beampte Tlaleng Nyambose, wat ook die museum se toesighouer is. Die museum is in Oktober 2010 deur die destydse regering van die voormalige Qua Qua tuisland geopen, sê sy. Hulle het besef hul kultuur is besig om vinnig te verander en hulle wou hul tradisionele maniere bewaar sodat nuwe geslagte dit ook kan sien. Dit behoort nou aan die provinsiale Departement van Kultuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Net soos koning Mosheshe, tradisionele Basotho hoede en komberse, en vroue geklee in kleurvolle shweshwe’ rokke, neem die museum jou na die daaglikse lewe en gebruike in hierdie kultuur.

In hierdie museum sal jy nie bedompige vertrekke vol plakkate kry om te lees nie. Dit bestaan uit hutte wat in ’n groot sirkel gebou is en die verskillende boustyle vanaf die 16de eeu uitbeeld. In die nedersetting is daar rolspelers wat die tradisionele leefstyl uitbeeld soos wat jy deur die museum loop. "Ons doen net begeleide toere, sodat jy altyd iemand saam met jou het wat alles verduidelik," sê Nyambose.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy kan sien hoe die binnehof gelyk het waar die hoofman en ander mans bymekaar gekom het om belangrike gebeure te bespreek, terwyl die vroue op die lande werk. Die seuns het die beeste opgepas en die dogters het die bejaardes opgepas.

Die Basothos was ’n landbou-gemeenskap wat vee aangehou het. Hulle het baie tyd bestee aan die voorbereiding van velle, die weef van hoede en die pluk van gras en die voorbereiding van grasdakke.

Die Basothos is vriendelike mense. Selfs vandag sou hulle jou met liefde in hul dorp verwelkom.

Die museum bied deur die jaar verskeie funksies aan insluitend tradisionele dans- en dromme-kompetisies. Merk ook 1 Augustus in jou dagboek, want dit is die jaarlikse Afrika Nuwe Jaar-feesvieringe.

* Die museum is oop elke dag van die jaar en het ook ’n restaurant en teetuin. Trou- en konferensiegeriewe is ook beskikbaar.

Navrae:
Koste: R55 vir Suid-Afrikaanse burgers en R75 vir besoekers van buite die landsgrense.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

23 mins Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

3 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

5 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

5 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.