kategorieë: Ouerskap

Leer jouself (as ouer) ken

Jou voorkeure verklap heelwat oor jouself. Hoekom pak jy die lewe op ’n sekere manier aan? Waarom irriteer die manier waarop ander sekere dinge doen jou so grensloos? Lees die beskrywende woorde in elke kassie en besluit watter een jou – of jou kind – die beste raakvat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Boksie-mens
Gefokus
Presies
Krities
Feitlik perfeksionisties
Analities
Prestasiegedrewe
Doen een ding op ’n slag
Probleemoplosser
Realisties
Logies
Geniet syferwerk
Weet presies hoeveel geld hy/sy het
**Hoofsaaklik ’n denker
Uit-die-boksie-mens
Kunssinnig
Strategies
Verbeeldingryk
Haat roetine
Ongestruktureerd
Holisties
Hou van risiko’s
Onkonvensioneel
Nippertjie-mens
Nuuskierig
Moet is nie deel van sy/haar woordeskat nie
Gou verveeld
Gee graag geld uit
**Hoofsaaklik ’n kreatiewe mens
Handleiding-mens
Georganiseerd
Beplan alles
Gestruktureerd
Metodies
Tydgedrewe
Wil in beheer wees
Stiptelik
Vol fiemies
Voorskrywend
Sekuriteitsgedrewe
Gedissiplineerd
Stap vir stap aanslag
Probeer altyd geld spaar
**Hoofsaaklik ’n doener
Hart-mens
Mensgerig
Hart-mens
Empaties
Groepsmens
Sosiaal
Ondersteuner
Sensitief
Innemend
Omgee-mens
Opofferend
Samewerkend
Ingestel op liggaamstaal
Luister en gee graag raad
Gee graag vir ander geld
**Hoofsaaklik ’n mens-mens

Kyk in watter kassie die meeste van jou eienskappe gelys is en begryp makliker waar moontlike probleem-gebiede kan ontstaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

* As Mamma ’n handleiding-mens is wat van roetine hou, en haar kind is ’n uit-die-boksie-mens wat geen struktuur verdra nie, kan daar ’n stryd ontstaan tussen die “klein monstertjie” en sy ma wat hom in ’n vormpie wil druk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

* As Pa ’n boksie-mens is wat alles bevraagteken en presies wil weet wat, waar, wanneer en hoe, en Ma is ’n hartmens wat net wil gee en nie wil verduidelik nie, skep dit spanning.

* Dieselfde geld ’n kind wat ’n hartmensie is met die behoefte om gedurig drukkies en soentjies uit te deel, en ’n ma wat as boksie-mens haar ruimte hoog ag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

* ’n Hart-mens wat sy brood as ’n dieselwerktuigkundige verdien, ’n uit-die-boksie-mens wat as boekhouer werk, ’n boksie-mens in die onderwys of ’n handleiding-mens in die kunste spel “gróót uitdaging”.

Om meer van jouself en ander te leer, kyk gerus by www.quanlim.com of www.brainwave-projects.co.za of www.solutionsfinding.com

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.