Leer jou kind om gesonder by die skool te eet deur Salomé Delport. Foto’s: pexels
Skoollesse
Dit is ’n skande dat skole, wat verantwoordelik is vir ons kinders se verstandelike ontwikkeling, dikwels in hul snoepies gemorskos propvol gehidrogeneerde vette, preserveermiddels en suiker verkoop – wat juis skadelik vir kinders se verstandelike ontwikkeling is.
Leer jóú kosbare kind dat die volgende paar items altyd beter waarde as gemorskos bied:
Grondboontjies en neute, eerder as lekkergoed.
Jogurt, eerder as oliebolle.
Stil en vonkelwater, eerder as koeldranke of vrugtesap.
’n Vrug eerder as sjokolade.
Biltong eerder as skyfies.
Lees ook: 33 gesonde kosse sonder suiker vir jou en jou kind
Het jy geweet?
Die voeding wat jou kind in die eerste duisend dae van sy lewe kry, bepaal sy brein se ontwikkeling