Leer hoe om te ontspan

Die lewe raak besiger en die druk raak meer, en soms vergeet ons om te stop en vir ’n oomblik te ontspan. Jou skedule kan so vinnig vol raak met gesins- en werksverpligtinge. Dit is egter belangrik vir jou geestelike welstand om soms tyd te neem om dinge te doen wat vir jou lekker is. Hier is ’n paar maniere hoe jy ontspanning in jou besige skedule kan bywerk:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maak tyd om te mediteer

Skryf dit in jou dagboek en bly daarby asof dit nóg ’n vergadering is. Gaan stap buite en asem die vars lug in, al is dit net vir 20 minute. Sit stil en blokkeer al die geraas om jou uit en vergeet vir ’n paar minute van die take wat jy nog moet voltooi. Neem selfs by die huis ’n paar minute vir jouself: gaan na ’n aparte kamer en maak tyd vir jouself.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: 10 maniere om positief te bly

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Slaap lekker

Ons slaappatrone het gewoonlik ’n tekort aan die diep rus van REM-slaap weens al die spanning in ons daaglikse lewens. Drink kamille-tee voor slaaptyd. Skakel jou skootrekenaar, tablet en selfoon af. Verwyder alle spanning uit jou kop en moenie dink aan die dinge wat jy die volgende dag moet doen nie. Fokus op die gevoel van jou kop op die kussing, maak jou oë toe en slaap.

Onthou, hoe gelukkiger jy is, hoe gelukkiger is jou gesin

Gaan vir ’n massering

Moenie net daaroor praat nie, doen dit! Bespreek ’n massering tydens jou middagete of oor ’n naweek. Beskou dit ook net so belangrik as ’n vergadering of selfs ’n gesinsuitstappie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Begin ’n stokperdjie

Lees, neem saans kunsklasse of begin ’n breigroep – en hou daarby! Neem dit ernstig op, moenie dit weer eenkant toe skuif wanneer jy besig raak nie. As jy ’n paar uur per week tyd neem om iets te doen wat jou gelukkig maak, sal jou stresvlakke baie daal. Onthou, hoe gelukkiger jy is, hoe gelukkiger is jou gesin.

Breek weg van sosiale media

Studies het bewys dat sosiale netwerke jou gemoedsrus kan manipuleer. Hoe meer negatief die inligting is wat jy lees (soos die nuus), hoe slegter kan jou bui raak. Onlangs het ’n angs-navorsingsgroep in Engeland ’n opname gedoen oor die gebruik van sosiale media en die uitwerking daarvan op emosies. 53% van die deelnemers het gesê sosiale media-webwerwe het hul gedrag verander, terwyl 51% van hulle gesê het die verandering was negatief. Negatiewe stories kan jou benadeel en jou angstig of ongemaklik maak. Probeer om sosiale media-apps van jou foon te verwyder en monitor hoe dit jou buie beïnvloed.

Lees ook: 10 dinge wat jy vanjaar kan doen om gelukkiger te wees

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.