“Happy living” bied prettige elemente wat die donker wolke effe afweer. Alhoewel dit in die mode-kultuur effe afgeneem het, onthou ons almal “Advanced style,” wat in 2014 die lig gesien het – ongeëwenaarde styl met pret as die hoofbestanddeel.
Wenke vir ’n “vrolike” huis
- Ronde vorms en spikkels helder kleure skep ’n vrolike omgewing.
- Meng prettige elemente met gewone dekor.
- Strooikussings met ’n vrolike voorkoms is volop.
- Bring kleure soos geel en skelpienk in jou voorkoms met bykomstighede.
- Moenie oorboord gaan nie.
- Beperk hierdie items tot bekostigbare dekor wat vervang kan word.
- “Happy living” is nie Disney-dekor nie.
Hier is ’n paar idees
Verbruikersgids
Superbalist | superbalist.com
Mr Price Home | 0800 212 535
@Home | home.co.za
Pylones | 021 418 1077
Bebe Ruth | 021 813 9221