kategorieë: DieetBekendes

Leanne Manas se wonderdieet

SABC 2 Morning Live-aanbieder, Leanne Manas, is die perfekte voorbeeld van só ’n vrou. Tog erken die ma van twee dat sy haar lewe lank met gewigsprobleme gesukkel het, veral ná sy ma geword het. Dit is egter iets van die verlede danksy ’n dieetplan wat haar lewe verander het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dié dieetplan is deur apteker en stigter van die Eden Life-gesondheidskliniek, Paula Galvão, opgestel en beskik oor ’n lae-koolhidraat eetplan en verskeie kruie-aanvullings. Verder stel dit ook dat jou eerste maaltyd om 10:00 geëet moet word en dat jy gereeld pomelo’s by jou maaltye moet voeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Pomelo is Paula se dieet-hulpmiddel. As jy jou dag met ’n pomelo begin, gaan jy ’n goeie dag hê. Ek hou van die feit dat die dieetplan gebalanseerd is. Ek hoef nie suiker heeltemal uit te sny nie en ek mag een koolhidraat ’n dag eet,” het Leanne gesê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ná sy ’n jaar op dié dieet was, het Leanne 17 kg verloor.
“Ek het meer energie gehad en was gemaklik. Dit is ’n wonderlike gevoel.”

Sy het egter weer gewig begin optel ná sy die dieet gestaak het. Sy het toe ander dieetplanne, soos die Banting-dieet, probeer, maar het ná die tyd dubbel die gewig wat sy verloor het opgetel.
“Ek het toe gedink: ‘Wag ’n bietjie, ek weet wat vir my werk.’ Ek het toe weer vir Paula genader.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Leanne is tans terug op Paula se dieetplan en het reeds 10 kg verloor. Dié keer sluit haar dieetplan ’n intense oefenprogram in ter voorbereiding vir haar Kilimanjaro-uittog wat sy vandeesmaand gaan aanpak. Haar oefensessies behels onder meer boks-oefeninge, 15 km – 25 km fietsry-sessies wat tweemaal per week plaasvind en dat sy die Westcliff-trappe moet uithardloop.

“Daar is 207 trappe wat ek 10 keer moet uithardloop.”

Oor die konsep van dieet meen Leanne dat dit nie haar lewe sal oorneem nie.
“Ek weet die realiteit van dié dieetplan is dat dit ’n lewenswyse moet word, maar as ek weer gewig optel, so what? Ek sal nie hoop verloor nie en ek sal weer daardie gewig verloor.”

Leanne se wenke

  • Stel vas wat jou struikelblok is en bly daarvan af weg.
  • Dit maak nie saak hoe hard jy oefen nie, as jy nie reg eet nie gaan jy nie gewig verloor nie.
  • Hoe ouer jy word, hoe moeiliker sal dit vir jou wees om gewig te verloor. Aanvaar die feit dat jy harder sal moet werk soos die jare verbygaan.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

7 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

17 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.