kategorieë: Ons menseBekendes

Lea Vivier neem afskeid van Diepe Waters en ‘moeilike Meghan’

Net toe Suid-Afrikaners dink dit raak nie meer stresvol as die Springbokke se naelbyt-halfeindstryd teen Engeland nie, skop Diepe Waters kykers se week af met die ontydige dood van die karakter Meghan, vertolk deur die talentvolle aktrise Lea Vivier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Meghan was aan die begin van die gewilde program as Gys se beeldskone skouperd voorgestel en het sedertdien vir talle boeiende storielyne gesorg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die noodlottige voorval op Maandagaand se episode was die gevolg van ‘n skokkende wending – sy is tydens ‘n struweling tussen haar pa, Rian, Pam en Jacques doodgeskiet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lea het met ons oor haar tyd as Meghan en hegte band met die Diepe Waters-span gesels.

Oor Meghan se kompleksiteite

Lea erken dat haar komplekse karakter se morele dilemmas en besluite soms moelik was om te navigeer.

“Ek het nie altyd saamgestem met die karakter se optrede en hoe sy sekere situasies hanteer het nie, so dit was ‘n uitdaging. Dit was nogal frustrerend, en as akteur moet jy altyd empatie hê met die karakter wat jy vertolk om seker te maak jy vertolk die rol so geloofwaardig as moontlik. Sy het dit nogal moeilik gemaak!”

Oor haar merkwaardige medesterre

Volgens Lea, was een van die hoogtepunte van haar jaar lange reis op “Diepe Waters” die geleentheid om saam met merkwaardige akteurs te werk. Sy praat met lof oor die ervaring om saam met Justin Strydom (Gys), Sandi Schultz (Zelda) en Werner Coetser (Jacques) te werk.

“Om teenoor Justin te speel was ‘n ongelooflike verrykende ervaring, want hy is een van die hardwerkendste en mees passievolle akteurs wat ek ken. Hy het elke dag te werk gegaan asof dit sy eerste en laaste dag op ‘n stel is. Dit was ongelooflik inspirerend.” het sy opgemerk.

Haar bewondering vir Sandi is ook duidelik. “Ek is verskriklik lief vir Sandi,” het sy gesê. “Sy is een van die eerlikste mense wat ek ken en ’n groot inspirasie. Ons as akteurs is in ’n bedryf waar mense soms sukkel om weerloos te wees oor wie en wat hulle is en kruip dikwels agter hul karakters weg, Sandi is egter net haarself. Jy voel so veilig by haar.”

Die kameraadskap op stel het uitgebrei na haar tonele saam met Werner. “Met Werner was dit net so lekker,” het sy gesê. “Hy is regtig ‘n vriend vir almal en met almal. Die ware definisie van ‘n chommie! Dit was net lekker, gemaklik en maklik om teenoor hom te speel.”

Die herinneringe wat sy sal koester

Vir Lea was dit die ware, blywende verhoudings wat haar tyd op “Diepe Waters” werklik spesiaal gemaak het.

Haar kosbaarste herinneringe van haar tyd op die program draai om die mense saam met wie sy gewerk het. “Dit is sonder twyfel die akteurs teenoor wie gespeel het – veral Justin, Sandi, Nadia, Werner en Tracey! En natuurlik die hele span wat elke dag op stel is, ongelooflik hard werk, en elke dag positiwiteit gebring het. Ek dink as dit nie vir die span was nie, sou my tyd in Johannesburg baie slegter gewees het. Elke akteur en spanlid is absoluut hulle sout werd. ”

Haar wense vir die ‘Diepe Waters’-span

Soos sy die program groet, is Lea se afskeidsboodskap vir haar kollegas. “Hulle haal regtig die haas uit die hoed uit en doen goeie, absolute kosbare werk te midde van die lang ure en harde werk. Doen so voort, julle almal is julle sout werd. Ek het ongelooflik baie geloof in elkeen se drome, nie net vir die projek nie, maar ook vir julself as die teenwoordigers van die TV- en filmbedryf. Hulle elkeen het ‘n kamer in my huis!”

Lees ook: Dis amptelik! Diepe Waters word verleng met nóg ’n seisoen

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.