Voeg die water by die gelatienpoeier en hou eenkant. Verhit intussen die melk en die gemaalde amandels in ’n middelslagkastrol oor matige hitte. Haal van die plaat af en laat vir 10 min. staan.
Giet die mengsel deur ’n fyn sif of moeseliendoek. Maak seker dat al die melk uit die amandels gedruk word. Smelt die gelatien in die mikrogolf op die ontvriesstelling of oor warm water. Voeg die gesmelte gelatien en suiker by die warm melk en meng goed. Geur met die lemoenbloeiselgeursel.
Sit die melkmengsel in die yskas tot dit aan die kante begin set. Klits die room styf en vou liggies in. Giet in die vorm en verkoel vir minstens 2 uur.
Druk die vorm vir ’n paar sekondes in warm water om dit maklik uit te keer.