Lauren den Besten: Ek is meer as my hare deur Ilse Salzwedel. Foto’s verskaf deur Lauren den Besten.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Lauren vertel self:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Ek het eers my linkerwenkbrou verloor, maar nie eintlik veel daarvan gedink nie. Later het my ma my na ’n dermatoloog geneem, wat gesê het dis niks ernstig nie en ’n salfie voorgeskryf het. Maar ek het steeds bly hare verloor, en is na ’n ander dermatoloog, wat “alopecia areata” gediagnoseer het. Dis wanneer klein bietjies hare in kolle oral op jou kop uitval.
Hierdie dokter het dadelik begin met weeklikse kortisooninspuitings, direk in my kopvel en wenkbrou – soms tot dertig inspuitings op ’n keer – om te keer dat nog meer hare uitval. Maar ongelukkig het dit nie gewerk nie, en omtrent ses maande later het ek al my hare verloor.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Aanvanklik het ek ’n pruik skool toe gedra, want ek het al onder boelies deurgeloop toe my hare nog net begin uitval het. Die pruik kon minstens my bles kop wegsteek. My ouers het my reg van die begin af ondersteun, en ek is hulle baie dank verskuldig.
Ek het die pruik gedra tot ek universiteit toe is op agtien. Maar daar op Stellenbosch het ek al meer begin voel dat ek myself nie langer wil wegsteek nie. Dit het gevoel of die pruik my nie net fisies “bedek” nie, maar ook emosioneel. Ek het gevoel dat ek nie regtig myself kan wees met ’n pruik nie. Een aand in Brazens, ’n studente-kuierplek in Stellenbosch, het ek danksy my kêrel, sy broer en dié se meisie, die moed gekry om my pruik vir ewig af te haal. Dit was ongelooflik bevrydend. Ek het vir die eerste keer sedert my hare begin uitval het, gemaklik gevoel in my eie lyf.
Deesdae voel ek soos ’n simbool vir vroue wat nie aan die normale samelewingstandaarde van skoonheid en vroulikheid voldoen nie – vroue wat al hoe meer bewys dat om vrou te wees, beteken om jouself te wees, ongeag hoe jy lyk.
Deur sonder ’n pruik deur die lewe te gaan, kan ek opstaan vir vroue wat sukkel met hul selfbeeld – of hulle nou jong meisies is, of ouer vroue. Juis daarom het ek onlangs ’n modelkontrak onderteken. Ek wil vir sulke vroue én vir die wêreld wys dat ’n mens steeds mooi en sterk en ten volle vrou kan wees al lyk jy anders as die norm.
My alopesie is waarskynlik deur groot stres in my tienerjare veroorsaak, en daar is geen geneesmiddel daarvoor nie. Ek kan dalk eendag my hare terugkry, of dalk nie. Maar vir my maak dit nie meer saak nie. Ek is 100% gemaklik in my lyf en met wie ek is – dis wie ek is.”
*Lees ook Ilse Salzwedel se artikel oor alopesie op bl. 66 in die Januarie 2019-uitgawe van #rooirose wat nou op die rakke is.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.