Begin met die witsous: Smelt 45 ml (3 e) botter en 15 ml (1 e) avokado-olie in ’n middelslagkastrol. Voeg 50 ml (3 e + 1 t) meel by en roer tot die meel met die botter bedek is.
Voeg 1 liter (4 k) louwarm melk bietjie vir bietjie by. Voeg ’n hand vol gerasperde cheddarkaas by. Roer goed tot gesmelt. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
Smeer ’n lagie witsous onderin ’n oondbestande bak. Pak lasagne-pastavelle bo-op die witsous. Skep ’n lagie maalvleis bo-op. Maak lagies tot die bak vol is. Eindig met die witsous.
Sny die korsies van 4 snye brood af. Verwerk die brood en 30 ml (2 e) avokado-olie, knoffelgeur, in ’n voedselverwerker tot die brood fyn is.
Strooi die krummels oor die witsous en bak vir sowat 30 min.