Lasagne met ’n geurige krummelbolaag
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Instructions
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Begin met die witsous: Smelt 45 ml (3 e) botter en 15 ml (1 e) avokado-olie in ’n middelslagkastrol. Voeg 50 ml (3 e + 1 t) meel by en roer tot die meel met die botter bedek is.
- Voeg 1 liter (4 k) louwarm melk bietjie vir bietjie by. Voeg ’n hand vol gerasperde cheddarkaas by. Roer goed tot gesmelt. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
- Smeer ’n lagie witsous onderin ’n oondbestande bak. Pak lasagne-pastavelle bo-op die witsous. Skep ’n lagie maalvleis bo-op. Maak lagies tot die bak vol is. Eindig met die witsous.
- Sny die korsies van 4 snye brood af. Verwerk die brood en 30 ml (2 e) avokado-olie, knoffelgeur, in ’n voedselverwerker tot die brood fyn is.
- Strooi die krummels oor die witsous en bak vir sowat 30 min.
Rooi Rose
Lees Meer
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025
Steak-en-sampioen-roerbraai
17/01/2025