• 3-4 dun repies suurlemoenskil (gebruik ’n groenteskiller)
• 5 knoffelhuisies, geskil en ruweg gekap
• 2 takkies roosmaryn, in kleiner stukkies geknip
• ’n hand vol vars vinkelblare
• 2 groot, ryp tamaties, in kookwater gedompel, skil afgetrek en in kwarte gesny
• 12 groen olywe
Instructions
Verwyder die vel en oortollige vet van die hoender. Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n groot kastrol met ’n deksel wat netjies pas. Verbruin die dytjies oor matige hitte (hulle moet langs mekaar inpas, nie oormekaar lê nie). Hou hulle maar dop en draai kort-kort om. Geur goed met sout en swartpeper.
Verhit die wyn, suurlemoensap en -skil, knoffel, roosmaryn en vinkel in ’n kastrolletjie. Giet die sous oor die hoender, voeg die tamatie by en sit die deksel op. Kook vir ±40 min. oor ’n baie lae hitte tot gaar. Draai die dytjies gereeld om. Voeg die olywe die laaste 10 min. van die kookproses by.
Opdiening: Sit die hoender, olywe en tamaties op ’n warm dienbord, bedek met foelie en hou dit warm. Kook die pansouse tot dit verminder en verdik het. Giet die sous oor die hoender en dien dadelik op.