In hierdie kombuis is peperduur yskaste en stowe nie uitstal-elemente nie, maar bloot funksioneel. Dit word slim verskuil agter ou meubels met lang stories. Die dekor is oordadig en ryk – deurspek met lekkergoedflesse vol beskuit, loslit bosse blomme en elemente met geskiedenis.
Die mure is eenvormig geverf om ’n eenheid in die leefarea en kombuis te skep. Daarna is dit kreatief ingekleur met items wat nie sommer in winkels te kry is nie. Hier is lank bymekaargemaak aan spesifieke elemente wat van hierdie area ’n sprokie maak. Die begrip “modern” sal nie maklik sy lê in hierdie kuierplek kry nie.
Verskaffer: www.planbvintage.co.za