Eers kuier op die blou tapyt voor die film vertoon word. Hier is die span van “Som van Twee” se geleentheid.
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die 12de Silwerskermfees is die afgelope week in Kampsbaai by The Bay Hotel en Theatre on the Bay gehou. Talle speelfilms, kortfilms en kort dokumentêre films het meegeding om die gesogte kristal rolprentkamera-trofee. Altesaam 50 akteurs, aanbieders en persoonlikhede is in verskeie afdelings vanjaar vereer by twee geleenthede: een die oggend by die hotel en die tweede helfte die aand by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Voor elke premiére het die filmspanne en akteurs op die blou tapyt verskyn, waar onderhoude met hulle gevoer is en foto’s geneem is. Dis soos die Cannes-filmfees in Frankryk, net beter, want dis alles in Afrikaans!
Die uitgebreide Silwermark bied die geleentheid vir persoonlike voorleggings by die fees aan beide kykNET en Showmax in ’n verskeidenheid van Afrikaanse inhoudskategorieë.
Die geleentheid om met regisseurs en ander besluitnemers te gesels oor moontlike projekte, is van onskatbare waarde, het vele sprekers verklaar. Werkswinkels en slypskole tydens die fees, help ook met korrekte voorleggins en ander waardevolle wenke.
Die fees het bewys dat dit ’n belangrike platform vir sowel gevestigde as opkomende filmmakers is. Saam met die wêreld- of Suid-Afrikaanse premières van die jongste rolprente, vertoon die Silwerskermfees die werk van jong talent in ’n reeks diverse kortfilms wat met die fees se finansiële ondersteuning en mentorskap vervaardig is.
Ses speelfilms, “Die Bloedhonde”, “Die dekonstruksie van Retta Blom”, “Die Kwiksilwers”, “Gebokste liefde”, “Hier.Na” en “Som van Twee” het in die speelfilm-afdeling meegeding. “Die Kwiksilwers” is die feesgunsteling. “Som van Twee” het met die meeste pryse weggestap, waaronder beste draaiboek, beste oorspronklike klankbaan, beste redigering, beste manlike byspeler (Pierre Breytenbach), beste regie, beste akteur (James Borthwick) en beste speelfilm algeheel.
“Hier.Na” wen beste klank-ontwerp in ‘n speelfilm en beste grimering en haarstilering.
“Baas se honne” wen die beste Shot-gun kortfilm; “Maak stil die geblaf” wen die beste kort dokumentêre film; en “Marie se laaste dag” wen die beste kortfilm deur ‘n opkomende filmmaker.
Die sterre en filmmakers van “Die Bloedhonde” geniet hul oomblik van glorie voor die vertoning Vrydagaand.
Denise Newman (aktrise), Hans Strydom (akteur) en Roberta Durrant (TV-vervaardiger) is vereer vir hul lewensbydraes.
Lees ook: kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV: Hier’s vanjaar se wenners!
In vandeesweek se episode het glanssjef Bertus Basson en koskenner Kobus Botha met nog ’n…
Hierdie bruintjie-kolwyntjie-resep is baie maklik en regtig smullekker! Deur Vickie de Beer
Sandi Schultz verras weer in Diepe Waters (kykNET, DStv kanaal 144), maar dié keer as…
Rob Hersov is vir sommige ’n held, en vir ander ’n omstrede figuur as gevolg…
Deur Maretha Botes. Foto’s: Hanneri de Wet Wanneer Schané Fouché (32) haar hare…
Hierdie webwerf gebruik koekies.