615 ml (1½ blikkie) heel, geskilde tamaties, fyn gedruk
2 roosmaryntakkies
100 g (2 wiggies) fetakaas
100 g (1 pakkie) swart olywe
hand vol vars basiliekruidblare
300 g gaar pennepasta
30 ml (2 e) botter
Instructions
Draai ’n rolstok met kleefplastiek toe en slaan die tjops effens platter. Sny in blokke van 3 cm.
Verhit die olie in ’n groot pan oor hoë hitte. Braai die tjops in sarsies tot goudbruin aan albei kante. Werk vinnig, anders word die vleis taai. Geur met sout. Haal uit die pan.
Sit die uie, knoffel en kersietamaties in dieselfde pan en braai tot die tamaties begin oopbars. Voeg die fyn gedrukte tamaties en roosmaryn by en bring tot kookpunt. Geur na smaak. Voeg die vleis by en laat deurwarm word.
Krummel die fetakaas oor en roer deur. Strooi die olywe en basiliekruidblare bo-oor.
Meng die botter deur die warm pasta en sit met die lamsvleis voor.