• 900 g skaapvleis, kortribbetjies lekker kort gesny met genoeg vleis aan
• 2 uie, ruweg gekap
• 4 knoffelhuisies, fyn gekap
• 3 rooi soetrissies, saadjies verwyder en in dun repe gesny
• 10 ml (2 t) paprika
• 10 ml (2 t) karwysaad
• 10 ml (2 t) koekmeel
• 10 ml (2 t) tamatiepasta
• 60 ml (¼ k) tamatiepuree
• 500 ml (2 k) hoenderaftreksel
• 1 lourierblaar
• 125 ml (½ k) crème fraîche
• ’n hand vol gekapte Italiaanse pietersielie
Instructions
Verhit die olyfolie in ’n middelslagkastrol oor matige hitte. Geur die vleis met sout en gemaalde swartpeper en soteer in sarsies tot goudbruin. Haaluit en hou eenkant.
Soteer die ui, knoffel, soetrissies, paprika en karwysaad in dieselfde kastrol tot die uie en soetrissies sag en gaar is. Voeg die koekmeel by en roer goed deur sodat dit nie klonte vorm nie. Voeg die tamatiepasta, -puree, aftreksel en lourierblaar by en geur met sout en peper. Meng goed. Sit laastens die vleis by die res van die bestanddele.
Verhit stadig tot kookpunt en kook vir 50-60 min. op die stoof.
Roer die crème fraîche en pietersielie net voor opdiening deur. Sit met skulpiepasta voor.