Serves:Genoeg vir 4 -6 menseNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
80 ml (3/4 k) olyfolie
25 ml (5 t) gekapte knoffel
3 takkies roosmaryn, blare verwyder en gekap
4 ansjovisfilette
gerasperde skil van 2 suurlemoene
6 lamslendetjops
6 volgraan-wraps/platbrode
125 ml (1/2 k) ongegeurde jogurt
1 komkommer, gerasper
hand vol kruisementblare, gekap
Griekse slaai om mee voor te sit
Instructions
Meng 60 ml (4 e) van die olyfolie, 10 ml (2 t) knoffel, roosmaryn, ansjovis en 1 suurlemoen se skil. Marineer die tjops vir 30 min. daarin.
Meng 10 ml (2 t) knoffel en olyfolie en hou eenkant. Rooster die platbrode in ’n baie warm pan. Verf die een kant van die wrap met die knoffelolie, draai om en verf die ander kant. Sny in kwarte. Herhaal met al die brode.
Braai die tjops oor matige kole of in ’n pan tot gaar.
Maak die tzatziki: Meng die jogurt, 5 ml (1 t) knoffel, komkommer en kruisement.
Sit die tjops voor met die knoffelplatbrode, tzatziki en ’n Griekse slaai.