kategorieë: KersfeesKosSomerkos

Lamstjops met knoffelplatbrode, Griekse slaai en eiervrug-rolletjies

Gaan só te werk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Begin deur die lamstjops vir minstens 30 min. te marineer.
2 Verhit die oond tot 230 °C.
3 Rooster dan die eiervrugsnye vir 20 min. en sny die fetakaas in skywe.
4 Maak solank die Griekse slaai en hou in die yskas tot aandete.
5 Haal die eiervrug uit die oond en hou eenkant.
6 Rooster die lamstjops in die oond of braai vir 25 min. oor warm kole sodra die eiervrug uit die oond kom.
7 Rol intussen die feta op in die eiervrugskywe en sit terug op die bakplaat. Bak vir 10 min. sodra die tjops uit die oond kom.
8 Braai intussen die platbrode in die knoffelolie; hou dit in foelie warm tot etenstyd.
9 Sit die tjops saam met die warm eiervrugrolletjies, platbrode en slaai voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Geroosterde lamstjops

Genoeg vir 6

Karringmelkmarinade
2 knoffelhuisies, gekneus
160 ml (2⁄3 k) karringmelk
30 ml (2 e) olyfolie
gerasperde skil van 1 suurlemoen en uitgedrukte sap van ’n ½ suurlemoen

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

12 lamstjops
sout en gemaalde swartpeper

1 Marinade: Meng die knoffel, karringmelk, olie en suurlemoenskil en –sap.
2 Smeer die marinade oor die tjops en laat vir minstens 30 min. lê.
3 Voorverhit die oond tot 230 °C. Jy kan die tjops ook oor die kole braai.
4 Vee die ergste marinade van die tjops af en pak op ’n bakplaat of ’n braairooster. Geur na smaak. Rooster vir 30 min. tot goudbruin. Draai een keer om.

Nog idees
– Vervang die suurlemoen deur lemoenskil vir ’n smaakvariasie.
– Gebruik lamsboudvleis, in blokke gesny, pleks van tjops. Marineer soos in die resep en ryg die vleis op sosatiestokkies. Rooster oor die kole vir die allerlekkerste kebabs.

Knoffelplatbrode

Genoeg vir 6

6 platbrode soos tortillas of pitabrode
125 ml (½ k) olyfolie
3 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap

1 Meng die olie en knoffel.
2 Sit een tortilla op ’n slag in die warm pan. Smeer die bokant met die knoffelolie en draai ná 30 sek. om. Herhaal met die ander kant.
3 Braai die res van die tortillas op dieselfde manier. Vou die tortillas in foelie toe en hou in die louoond warm.

Nog idees
– Sprinkel ’n bietjie dukka-speserymengsel oor die platbrode nadat jy die knoffelolie oor gesmeer het vir ’n lekker geurtjie uit Noord-Afrika.

Griekse slaai

Genoeg vir 6

1 komkommer, in die lengte middeldeur gesny en in dik skywe gesny
1 rooi ui, in wiggies gesny
4 tamaties, in kwarte gesny
100 g (1 pak) swart olywe
olyfolie en balsemiekasyn om oor te sprinkel

1 Meng die komkommer, rooi ui, tamaties en olywe in ’n groot dienbak.
2 Sprinkel olyfolie en balsemiekasyn na smaak oor die slaai.

Nog idees
– ’n Sappige variasie: Rooster die tamatiewiggies met ’n bietjie olyfolie onder die oondrooster.

Eiervrug-en-fetakaas-rolletjies

Genoeg vir 6

2 groot eiervrugte
4 ringe fetakaas, horisontaal middeldeur gesny sodat jy 2 dun skyfies per ring het
sout en gemaalde swartpeper
olyfolie om oor te sprinkel

Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
1 Sny die eiervrug in die lengte in 1 cm-skywe.
2 Sprinkel olyfolie oor, geur na smaak, sit op die bakplaat en bak vir 20 min. tot gaar. Haal uit en verhoog die hitte tot 220 °C.
3 Verdeel die dun skyfies fetakaas tussen die eiervruglappies. Rol die eiervrug saam met die fetakaas op en sit die rolletjies weer op die bakplaat. Bak vir 10 min. in die warm oond tot deurwarm en sit saam met die res voor.

Nog idees
– Halloumi-kaas werk ook baie lekker in die rolletjies. Jy kan presies dieselfde doen met rooi of geel soetrissies. Sny die soetrissies middeldeur, verwyder die pitte en vliesies en rooster in die oond soos in die resep verduidelik. Draai die kaas daarin toe en bak weer soos bo beskryf.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.