Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
125 ml (½ k) Bulgaarsejogurt
5 ml (1 t) fyn komyn
1 knoffelhuisie, gekneus
sap van ½ suurlemoen
8 lamsrib tjops, sonder die lang, middelste been
Tamatiesalsa
hand vol kersie tamaties, in kwarte gesny
1 rooirissie, pitte verwyder en gekap
1 rooiui, gekap
sout en gemaalde swartpeper
hand vol gekapte kruisement en basiliekruid blare
1 knoffelhuisie, gekneus
500 g halloumi, in blokke gesny
2 rooiuie, geskil en in kwarte gesny
olyf- of avokado-olie om oor te sprinkel
Instructions
1 Meng die jogurt, komyn, knoffel en suurlemoensap. Marineer die lamstjops vir 1 uur of oornag hierin. 2 tamatiesalsa: Meng die tamaties, rissie, rooiui, knoffel en kruie. Geur na smaak en hou in die yskas tot benodig. 3 Ryg die tjops op 4 bamboes stokkies of roosmaryn takkies. Ryg die halloumi en uie op 4 ander bamboes stokkies of roosmaryn takkies en sprinkel olie oor. Begin met die tjops en braai oor die kole tot goudbruin en gaar. Geur na smaak. Sit die halloumi- kebabs 4 min. voor die einde by (hulle braai vinnig) en braai tot goudbruin. Geur na smaak. 4 Sprinkel die tamatiesalsa oor die kebabs en sit warm voor.