• vars roosmaryn, tiemie en pietersielie, ruweg gekap
Instructions
Meng al die marinadebestanddele en marineer die skenkels vir 24 uur daarin. Haal uit en druk effens droog.
Voorverhit die oond tot 160 ºC.
Sit elke skenkel op 2 velle gebotterde bakpapier of foelievelle.
Geur goed met sout en peper en sit ’n kwart suurlemoenskyfie, vars kruie, roosmaryn, pietersielie en tiemie op elke skenkel.
Vou elke pakkie dig toe en vou die punte na onder sodat die pakkie nie in die bakproses oopgaan nie.
Sit die pakkies in ’n goed gesmeerde oondpan en bak vir 3 uur. Moenie enige vloeistof byvoeg of omdraai nie.
Vir ’n bietjie kleur en karakter kan die pakkies vir die laaste 20 min. van die baktyd oopgemaak word, of vir ’n paar minute onder die rooster verbruin word.