genoeg vir 4
Maak die basiese risotto-resep halfgaar totdat die helfte van die vloeistof geabsorbeer is – sowat 10 min. – maar moet nog nie die botter en parmesaankaas deurroer nie.
30 ml (2 e) olyfolie
4 lamskenkels
sout en gemaalde swartpeper
1 ui, gekap
10 ml (2 e) gekapte knoffel
15 ml (1 e) tamatiepuree
500 ml passata, Italiaanse tamatiesous
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
Bouquet garni
hand vol pietersielie
hand vol tiemie
2 lourierblare
1 Verhit die olie in ’n groot kastrol oor hoë hitte. Braai die skenkels bruin. Geur na smaak.
2 Voeg die ui en knoffel by en braai tot bruin. Roer die 15 ml tamatiepuree deur.
3 Gooi die tamatiepassata en aftreksel by. Bind die pietersielie, tiemie en lourierblare vas met kombuistou en voeg by die skenkels. Sit die deksel op, verlaag die temperatuur en laat die skenkels vir 1½ uur liggies prut. Roer kort-kort en draai die skenkels om sodat dit nie brand nie.
4 Lig die skenkels versigtig met ’n groot lepel uit die tamatiesous en hou eenkant. Meng die halfgaar risotto deur die oorblywende sous en laat vir nog sowat 5 min. prut tot die risotto sag aan die buitekant met ’n effense byt aan die binnekant is.
5 Sit die skenkels saam met die tamatie-risotto voor.