Lamskenkelpasteie met kerriesous deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek
Lamskenkelpasteie met kerriesous
Serves: 6 of 8 - as twee mense ’n skenkel deel
Cooking Time:
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 6 heel lamskenkels
- sout en peper
- 45 ml (3 e) olyfolie
- 2 uie, gekap
- 4 knoffelhuisies, geskil en fyn gekap
- 10 cm gemmer, geskil en fyn gerasper
- 30 ml (2 e) garam masala
- 2 x 400 g- geblikte tamaties
- 1 x 400 g-klapperroom
- 4 x 250 g-skilferkorsdeegvelle van omtrent 23 cm x 23 cm
- 1 eier
- 15 ml (1 e) water
Instructions
- Geur die lamskenkel alkant met sout en verbruin in ’n groot dik-boomkastrol in die olyfolie tot goudkleurig. Skep uit en hou eenkant.
- Braai die uie in dieselfde kastrol tot goudkleurig. Voeg die knoffel, gemmer en garam masala by en kook vir 1 min.
- Voeg die geblikte tamaties met die sous en klapperroom by en meng goed.
- Sit die lamskenkels terug en kook vir 2-3 uur oor ’n lae hitte of tot die vleis sag is maar nie van die been afval nie.
- Lig die skenkels uit die sous, laat drup die ekstra sous af en laat afkoel. Kook die sous verder af tot dit begin verdik. Trek van die hitte af en hou eenkant.
- Voorverhit die oond tot 200 ˚C.
- Sny die skilferkorsdeeg op ’n skoon werkvlak in stroke van 5 cm. Vou die stroke in ’n spiraal om die vleisgedeelte van elke lamskenkel. Maak seker dat die onderkant van die skenkel ook toegevou is. Hou die skenkelbeentjie oop maar draai dit in foelie toe sodat dit nie brand nie.
- Sit die skenkelpasteie op ’n bakplaat en sit vir 30 min. in die yskas.
- Klop die eier en water in ’n klein bakkie en verf oor die deeg om elke skenkel.
- Verhit die oond tot 210 ˚C en bak die skenkels vir 20 min. Verlaag die temperatuur tot 200 ˚C en bak vir nog 40 min. of tot goudkleurig.
- Verhit intussen die sous en sit die pasteie met die kerriesous voor.
Lees ook: Lamskenkels met tamatie-risotto
Lamskenkel-en-waterblommetjie-bredie
Anelle Tewson
Lees Meer
Skuinskoek
28/03/2025
Geurige groente-lasagne in ’n pan
28/03/2025
Vinnige Peppermint Crisp-tert
28/03/2025