KorsLamskenkelpastei
Ingredients
Instructions
1 Verwerk die botter en meel saam in ’n voedsel-verwerker tot dit soos brood-krummels lyk. Skep die roomkaas lepelgewys by en verwerk tot alles bymekaarkom. Keer die deeg op ’n stuk kleefplastiek uit en druk effens plat. Bedek met kleefplastiek en hou in die yskas tot benodig.
2 Meng die meel, sout en peper in ’n groot mengbak en bedek die skenkels met meel. Skud die oortollige meel af.
3 Verhit die olyfolie en botter saam in ’n diep ovaalvormige oondbak met ’n inhoudsmaat van 4 liter. Braai die vleis daarin tot dit oraloor goudbruin is. Skep uit en hou eenkant.
4 Braai die groente in dieselfde bak tot dit begin verkleur. Sit die vleis terug in die bak en skink die wyn bietjie vir bietjie by en roer die boom van die bak skoon.
5 Gooi die tamatie en bouquet garni by en prut vir 4-5 uur tot die vleis sag is.
6 Voorverhit die oond tot 180 °C.
7 Rol die deeg 7 mm dik uit, vou oor die pastei en sny kepies waardeur die skenkelbene kan steek. Verf liggies met die eier en bak tot goudbruin en gaar.