kategorieë: KosWinterkos

Lamskenkel-en-waterblommetjie-bredie

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • 45 ml (3 e) olie
  • 4 klein lamskenkels, die sening afgesny
  • 2 wortels, in ringe gesny
  • 2 selderystingels, in ringe gesny
  • 2 uie, fyn gekap
  • 2 preie, in ringe gesny

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bouquet garni:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • ’n hand vol pietersielie, ’n hand vol tiemie en 2 lourierblare met kombuistou vasgemaak.
  • 2 naeltjies
  • 4 jenewerbessies (juniper)
  • 1 x 400 geblikte heel tamaties
  • 375 ml (1½ k) beesvleisaftreksel
  • 125 ml (½ k) rooiwyn
  • 500 g waterblommetjies, skoongemaak
  • sout en peper
  • vars gerasperde neutmuskaat

Metode

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  1. Verhit 30 ml (2 e) olie in ’n swaarboomkastrol en braai die skenkels daarin tot goudbruin alkant. Geur met sout. Skep uit en hou eenkant.
  2. Braai die wortels, seldery, uie en preie in die res van die olie tot sag en deurskynend. Sit die skenkels terug in die kastrol.
  3. Voeg die speserye, bouquet garni, blik tamaties, aftreksel en wyn by en kook vir 10 min. Geur met sout en peper.
  4. Verlaag die hitte en voeg die helfte van die waterblommetjies by. Laat prut vir 1½ uur tot die vleis sag is en van die been begin afval. Proe of nog sout nodig is en geur met die neutmuskaat.
  5. Dompel die oorblywende waterblommetjies in borrelende kookwater wat met sout gegeur is en sit dan in koue water. Skep die geblansjeerde waterblommetjies vir die laaste 15 min. van kooktyd by die bredie.
  6. Sit warm voor.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

11 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

21 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.